Breedevallei Legendes 2026: Só trap hulle diep spore in streek

Francois du Toit en Theunis Jordaan
Francois du Toit en Theuns Jordaan van Afrimat is gesamentlik genomineer.

Breedevallei Legendes 2026: Só trap hulle diep spore in streek


Die Breedevallei en Langebergstreek se 10 Legendes is aangewys.

Dié 10 uitstaande individue is uit talle nominasies gekies as deel van ‘n jaarlikse inisiatief deur Matthee, Hall, Van der Vyver en Vennote (algemene praktyk van Ou Mutual), in samewerking met Worcester Standard & Breederivier Gazette.

Die Legendes verteenwoordig mense wat oor die jare diep spore in hul gemeenskappe getrap het en steeds doen – individue wat ‘n betekenisvolle ekonomiese of maatskaplike invloed op ander se lewens gehad het.

Die inisiatief is daarop gemik om erkenning te gee aan mense wat na ander uitgereik het om ‘n werklike verskil te maak – die stille helde wat gemeenskappe help bou en verryk.

Ontmoet Breedevalllei en Langeberg se 10 Legendes:

1. David Reade

Renowned glassblower David Reade (66) has over many decades worked to uplift the Worcester community.

As a 16-year-old he started as an apprentice at a glass studio in the Isle of Wight in England. He moved to South Africa in 1984 and became the country’s best known glassblower.

He joined the Rotary Club of Worcester in 2011. One of his community projects was a fully equipped computer learning facility at the Sinethemba Care Centre for Early Childhood Development in the New Mandela suburb. In conjunction with the Kirsty Watts Foundation and the Rotary Club of Worcester, hundreds of hearing impaired children at the Nuwe Hoop Centre, a public school for children with special needs in Worcester, received hearing aids. This is an ongoing project.

As a member of the Rotary Club of Worcester for thirteen years, he acted in several roles, including as Club president from 2014 to 2015. He received the Rotary Foundation Recognition as a Paul Harris Fellow PHF (2018-19), the highest award that any Rotarian can receive.

David Reade
David Reade

2. Neville Wentzel

Neville Wentzel (63), hailing from Victoria Park in Worcester, was a primary school teacher for almost forty years. Though he retired from teaching, he is still very much involved with the upliftment of his community through supporting local youth, building community projects, preserving history and leading other initiatives.

He has a range of skills and was a voice artist for the radio dramas Frikkie (2021) and Dryfhout (2022), acted in the TV drama Fiela se Kind, was a choir master, recorded books for the visually-impaired and acted as motivational speaker. Wentzel was also the writer/director/producer of Huismoles (2004 and 2023) and Frieda (2025). He is a radio presenter at the local community radio station Valley FM and previously served as chairman and volunteer for the CANSA RFL. He was also a member of the Worcester Central Improvement District.

Wentzel has put in lots of effort to revitalise and revive the Klein Teater in Worcester, which has been standing idle for many years.

Neville Wentzel
Neville Wentzel

3. Michelle Vos

Michelle Vos (55) is die kantoor- bestuurder van die Breede Valley Association of and for Persons with Disabilities (BVAPD). Haar werk verbind gemeenskapsorg met praktiese geleent- hede vir opleiding, werk en groter selfstandigheid vir gestremdes.

BVAPD bedien Worcester, Rawsonville, De Doorns en Touwsrivier en die dienste sluit maatskaplike ondersteu-

ning, kindersorg, jeugontwikkeling en voorbereiding vir die arbeidsmark in.

Sy was betrokke by die WeMove-program wat, met ondersteuning van Engen, met die eerste groep van 20 deelnemers in September 2022 met opleiding begin het. Teen Junie 2023 het 13 reeds werk by ondernemings buite BVAPD gekry. Die aanvanklike doelwit was tien plasings.

Vos is ook betrokke by die Kinderfonds MAMAS. Sy het boere in die Breedevallei genader om bruikbare produkte te skenk wat andersins vermors sou word. Daar is al verwys na 20 ton geskenkte groente, waarvan ‘n groot deel in maaltye en kospakkies verwerk is. Jongmense in die organisasie se opleidingsprogramme het met die verwerking gehelp.

In die geval het sy plaaslike behoefte met plaaslike hulpbronne verbind.

Michelle Vos
Michelle Vos

4. Corné du Bois

Corné du Bois (70) het meer as 35 jaar daaraan gewy om blinde en siggestremde mense te help om plek in die arbeidsmark en in die samelewing te kry. Sy het in 1990 by die Pionierskool in Worcester as ‘n sielkundige begin waarna sy na die loopbaanontwikkelingsafdeling is, waar sy meer as 20 jaar lank hoof was.

Onder haar leiding het dit gegroei tot ‘n gerespekteerde entiteit. Sy het saam met Hein Wagner die Hein Wagner Akademie in Worcester gestig waar blinde en siggestremde studente in onder meer kuberveiligheid opgelei word. Sy is steeds besturende direkteur en opleier. Sy was ook een van die dryfkragte agter vennootskappe met Boland Kollege, Sanlam, Absa en ander organisasies.

Haar werk het Worcester gevestig as ‘n bestemming vir siggestremde mense wat hul toekoms wil verander. Studente van oor die land heen kom hiernatoe vir die duur van hul studie en huur blyplek, koop plaaslik en ondersteun plaaslike ondernemings. Haar vennootskappe met groot werkgewers bring ook geleenthede en belegging na die streek.

Corné Du Bois
Corne Du Bois

5. Bruno “Loyiso” Guntelach

Bruno “Loyiso” Guntelach (51), a Swiss banker, first came to Worcester from Switzerland in 2000 to do a Youth With A Mission (YWAM) Discipleship Training School. In 2006 he and his wife, Judy, moved here.

The name Loyiso was given to him by the late Tata Jacobs and means “victory” in Xhosa.

Guntelach has a particular love for jazz and studied at the Swiss Jazz School in Bern and trained with the Swiss Army Band.

At YWAM he pioneered the Troubadour Discipleship Training School in 2007, which is still running. Under his guidance, YWAM Worcester became debt-free in 2009 for the first time since 1998. He became Base Director in 2010. YWAM’s social development work grew until it covered 30 different ministries.

In 2017 Guntelach was involved with establishing the YWAM SkillsCentre NPC Worcester as well as the Worcester Hope and Reconciliation Process, following the 1996 Shoprite bombing. In 2023 he started the Hesed Leadership Circle to connect people who want to serve the city together.

Bruno
Bruno Loyiso (Guntelach)

6. Suzette Willemse

Suzette Willemse (56), ‘n kliniese maat-

skaplike werker, het ‘n groot liefde vir haar gemeenskap en ‘n begeerte om te sien dat trauma genees sal word in die lewe van families en vroue. Haar liefde en opleiding het haar gelei om Trauma 2 Triumph te skep waaruit sy die gemeenskap bedien.

Om haar gemeenskap daadwerklik te bedien is sy betrokke by groepe en instansies wat verandering op grondvlak bring. Sy is voorsitter van Bonnievale- gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), wat aangewys is as die beste GPF in die Wes-Kaap.

Sy is ook die gebiedsbestuurder van Community Keepers Bonnievale.

Willemse is ‘n ma van twee kinders en selfs nie die verlies van haar man het haar geesdrif gedemp nie.

Sy is welbekend en geliefd in haar gemeenskap.

Wanneer daar moeilike situasies is, word Willemse gereeld gevra vir raad en wysheid, juis omdat sy so diep betrokke is en trauma goed verstaan en hanteer.

Suzette Willemse
Suzette Willemse

7. Sysie Pietersen

Sysie Pietersen (60) dien dekades reeds sy gemeenskap – eers as polisieman en daarna op die sportveld. Dié voormalige polisiekolonel was vir 18 jaar by die Wes-Kaapse Polisierugbyspan betrokke. Dit het hom die kans gegee om ‘n mentor en rolmodel vir jongmense te wees. Hy het daagliks met die uitdagings, konflik en realiteite van gemeenskappe te doen gekry en steeds gekies om sy tyd aan jongmense te wy.

Hy was self ‘n Boland-rugbyspeler en ook betrokke by die afrigting van die o.21-Bolandspan, asook by rugbyklubs in Worcester en omgewing soos Rawsonville United en Robertson Rangers.

In 2025 was hy betrokke by Alberts- rugbyklub, wat vanjaar, ná ongeveer 35 jaar, weer die geleentheid gehad het om in die Grootuitdaagliga te speel.

Hy was betrokke by die stigting van die eerste vrouerugbyspan in Worcester, Worcester Warriors, asook by die ontwikkeling van rugby-sewes in die Boland.

Hy organiseer jaarliks ‘n GBV-rugby-sewestoernooi, wat ‘n platform skep waar gesprekke met jong mans gevoer kan word oor geslagsgelykheid, respek, verantwoordelikheid en geslagsgebaseerde geweld.

Sysie
Sysie Pietersen

8. Charles Baxter

Nadat hy vir baie jare saam met sy pa as motorwerktuigkundige gewerk het, het Charles Baxter (71) in 1992 sy eie onderneming, Baxter Auto Services, begin.

Dit het gegroei tot ‘n suksesvolle

diensverskaffer in die Boland en het talle toekennings op streek- en nasionale vlak ontvang.

In 1994 word hy geakkrediteer om vakleerlinge op te lei. Sy twee seuns, Charlton en Durand, het ook as motorwerk-

tuigkundiges gekwalifiseer, terwyl sy vrou, Dorinda, die administrasie behartig.

Baxter wou sy gemeenskap help deur hul voertuie bekostigbaar te herstel en jongmense die kans te gee om opgelei te word as motorwerktuigkundiges sodat hulle ekonomies selfstandig kan word. Die eerste vrou in die Boland het haar vakleerlingskap by hom gedoen.

In 2007 het die onderneming die eerste onafhanklike onderneming in die Wes-Kaap geword om ‘n gegradeerde lid van die Motor Industry Workshop Association (Miwa), te word. Hy dien sedert 2002 as die Boland-verteenwoordiger en ook in die komitee vir die kleinhandel- motorbedryf (RMI) wat hom in staat stel om mense wat probleme in die bedryf ondervind te adviseer.

Charles Baxter
Charles Baxter

9. Rev Eugene Truter

Reverend Eugene Truter (68) is a community minister who offers his pastoral services for the community of Worcester without seeking credit or recognition. He has offered exceptional and compassionate spiritual guidance during countless memorial and funeral services throughout the community and across different church denominations. His presence, comforting words and prayers have bought peace and healing to countless grieving families in their darkest hours.

Rev Truter is the go-to person when families need pastoral service when confronted with death in the community. He has selflessly given his time, emotional energy and spiritual strength to walk alongside family members without seeking credit or recognition.

He has conducted numerous memorial and funeral services with the utmost dignity, grace, compassion, honouring the lives of the departed.

Rev Truter has consistently demonstrated the true essence of servant leadership, offering comfort to the grieving, hope to the hopeless and a voice to the marginalised, thereby strengthening the social and moral fabric of our community.

Eugene Truter
Rev Eugene Truter

10. Francois du Toit en Theunis Jordaan

Ondernemingsgees en ‘n onwrikbare werksetiek was die resep agter Prima Klipbrekers se ontwikkeling in die jare sestig tot een van die voorste rolspelers in die boubedryf. Hierdie suksesverhaal van Afrimat se aggregaat-afdeling is te danke aan die twee swaers, Francois du Toit (80) en Theunis Jordaan (77).

Hulle het ook verskeie aanvullende ondernemings gestig, waaronder Alpha Civil, Prima Readymix, Boublok en Cape Lime. Die twee was betrokke by verskeie residensiële en kommersiële ontwikkelings in Worcester, soos Oude Meule en die Roostuin.

Hul ondernemings het werk aan honderde mense in Worcester verskaf.

Ná Prima Klipbrekers se samesmelting met Lancaster in 2006 is Afrimat gestig, wat op die aandelebeurs genoteer is.

Du Toit, wat groot geword het in Worcester en Jordaan, wat van Rawsonville af kom, het diep spore in die gemeenskap getrap.

Jordaan was vir 25 jaar by die Lions- klub betrokke en het ook as president gedien, waar talle gemeenskapsinisia- tiewe aangepak is.

Du Toit was vir baie jare ‘n bekende in stock car-kringe waar sy mededingende gees hom SA kampioenstatus besorg het.

Francois du Toit en Theunis Jordaan
Francois du Toit en Theuns Jordaan van Afrimat is gesamentlik genomineer.
  • Die 10 Legendes word Saterdagaand (24 Oktober) tydens ‘n glansdinee vereer.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article