Wie is die valleie se mees legendariese inwoners?
Matthee, Hall, Van der Vyver en Vennote (algemene praktyk van Ou Mutual), in samewerking met Worcester Standard & Breederivier Gazette, nooi lesers om deel te neem aan ons jaarlikse soektog na legendariese inwoners wat ‘n groot invloed op die lewe van mense in ons gemeenskappe gehad het, of steeds het.
Vanjaar vereer ons nie net uitsonderlike individue van die Breedevallei nie, maar brei uit om die Langebergstreek in te sluit. Ou Mutual wil graag erkenning gee aan individue wat na ander uitgereik het om ‘n verskil in hul lewe te maak. Benoemingsriglyne:
• Die benoemde kandidaaat moet in die gebied van die Breedevallei- of Langeberg-munisipaliteit woon;
• Só iemand moes ‘n betekenisvolle ekonomiese of maatskaplike invloed op gemeenskappe gehad het;
• Kandidate kan uit verskeie sektore – onderwys, sake, sport, landbou of ander gemeenskapsdienste – kom; en
• Die benoemde moet ouer as 50 jaar wees.
Stuur die volgende inligting:
• Volledige naam en kontakbesonderhde van die benoemde;
• ‘n Beskrywing van die benoemde; en
• ‘n Duidelike motivering wat verduidelik watter invloed die benoemde op die gemeenskappe as legendariese inwoner van die vallei gehad het.
Stuur e-pos na jghallpa1@oldmutual.com of lewer die benoeming af by Ou Mutual PFA se kantoor in Malan-huis, Baringstraat 29, Worcester.
Die sluitingsdatum vir benoemings is 9 Oktober. Bel Elsophie Hill by 023 348 7915/1 met navrae. Die suksesvolle kandidate sal in Oktober by ‘n glansdinee vereer word.





