Die 10-jarige Golden Retriever Bailey het Saterdag met ‘n oopbek-glimlag haar swart T-hemp gedra om haar 100ste parkrun te vier. Dié viervoet van Worcester het haar eerste parkrun in 2016 voltooi. Haar mense-ma, Monique Marais, sê Bailey was in haar jong dae ‘n lekker hardloopmaat, maar stap deesdae eerder as om te draf.
“Vroeg Saterdagoggende raak sy al opgewonde oor die stap wat voorlê. Sy ken die roete al uit haar kop,” vertel Marais.
“Sy is al ‘n instelling by die parkrun.”
Voordat die parkrun begin, groet talle stappers en drawwers eers vir Bailey.
“Meer mense ken haar as vir my,” skerts Marais. “Sy is al ‘n instelling by die parkrun.”
Bailey se 100ste parkrun is ‘n mylpaal vir baie van die getroue parkrunners. Dié internasionale inisiatief bied gratis 5 km-wedlope in gemeenskappe aan om ‘n aktiewe leefstyl aan te moedig. Die Breedevallei-parkrun begin Saterdae om 08:00 by die Mountain Mill Mall in Worcester







You must be logged in to post a comment.