Senior burgers van die Weskus maak hulle gereed vir die 2026 Goue Spele streek kompetisie uitdunne wat eersdaags plaasvind op 12 Augustus in Hopefield.
‘n Tweede byeenkoms is geskeduleer vir Moorreesburg(datum onbekend) vir diegene wat ‘n laaste kans kry om hul vernuf, spoed en kordinasie uit te stal om te kwalifiseer vir die provinsiale en nasionale byeenkomste. Die datums vir die laaste drie byeenkomste is nog onbekend maar sal later bekend gemaak word wanneer die byeenkomste afskop.
Die Golden Games is ’n jaarlikse sport- en ontspanningsgeleentheid wat deur die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling aangebied word vir senior burgers van Suid-Afrika, ouderdom 60+. Die doel is aktiewe veroudering, gesondheid en gemeenskapsamehorigheid te bevorder. Honderde deelnemers van al nege provinsies neem jaarliks deel
Die aktiwiteite sluit atletiek (100–800m wedlope, aflos en stapwedrenne), sokker, jukskei, brisk walking en spanbou in. Die impak dra by tot verbeterde stamina, verminderde stres, vreugde, ’n gevoel van behoort en waardigheid. Die Golden Games bied deelnemers geleentheide om aktief en gesond te leef.
Masada Senior Klub, van Atlantis,wat geaffilieer is by “Age in Action en Older Person Forum”, neem vir die eerste keer deel aan die byeenkoms en is in volleswung vir hierdie historiese geleentheid.
Weskus Nuus het saam met Christine Lewis die koördineerder van die klub gesels om meer uit te vind oor hulle deelname by die Spele.
“Ons is baie opgewonde vir die geleentheid wat ons kry. Dit sal nie net ons saam met ander Gemeenskap van die verskillende streke verbind nie, maar ook ‘n samehorigheid onder senior burgers versterk. Ek en my mensies is opgewonde en sien uit na die geleentheid en hoop dat dit die eerste van vele is vorentoe, het Lewis gesê.





