Wes-Kaapse joernaliste van Novus Media by die FCJ-toekenningseremonie in 2025.

Weer nuwe rekord vir FGJ


Die Raad van direkteure van die Forum van Gemeenskapsjoernaliste (FGJ) het sy dank uitgespreek teenoor redakteurs, joer­naliste en fotograwe van gemeenskaps­nuuskantore oor Suid-Afrika heen, wie se deelname tot nóg ‘n rekordgetal inskrywings vir vanjaar se AVBOB-FGJ-uitnemendheidstoekennings gelei het.

Volgens die beoordelaars se sameroeper, dr. André Gouws, is byna 600 individuele inskrywings ontvang.

Die afdelings wat die meeste inskrywings ontvang het, was vir harde nuus, inslui­tend ondersoekende verslaggewing (78 inskrywings); voorblaaie (76) en mense-­nuus (63).

Twee nuwe afdelings het ook sterk belangstelling gelok. Munisipale/plaaslike-­regering-verslaggewing het 36 inskrywings ontvang, terwyl die Storie van die Jaar-afdeling 22 inskrywings gelok het.

Vanjaar se beoordelaarspaneel bestaan weer uit ervare bedryfskundiges.

Altesaam 23 kundiges uit die bedryf en akademie is op die paneel.

­Gouws het bevestig drie beoordelaars is aan elke afdeling toegewys.

Die paneel sal die volgende vier weke gebruik om elke inskrywing deeglik te beoordeel, met die doel om seker te maak die beste werk in gemeenskapsjoernalistiek kry erkenning.

Die AVBOB-FGJ-uitnemendheids-prys­uitdeling word op Vrydag 21 Augustus in Pretoria gehou, met die FGJ se nasionale seminaar dieselfde dag.

Opleiding by die seminaar gaan op die komende verkiesing fokus.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 11 June 2026
    Weslander E-Edition – 11 June 2026

Gift this article