Prof. Mario Nell (heel regs), die direkteur van die NJMK, en Aileen Maas, die NJMK-koördineerder (middel), vier die medalje-oes van die drie algehele wenners van die 2025-NJMK. Van links is Hermanus Schmidt (goud), Yu Qing Peng (silwer) en Kyrah Adams (brons).

Nuwe rekord vir jeugmusikante

Prof. Mario Nell (heel regs), die direkteur van die NJMK, en Aileen Maas, die NJMK-koördineerder (middel), vier die medalje-oes van die drie algehele wenners van die 2025-NJMK. Van links is Hermanus Schmidt (goud), Yu Qing Peng (silwer) en Kyrah Adams (brons).

‘n Langebaanse pianis is gekies om aan ‘n nasionale musiekkompetisie deel te neem.

Tiaan Lamminga is vanjaar een van 28 jong musikante wat gekies is om aan die 42ste Nasionale Jeugmusiekkompetisie (NJMK) deel te neem.

Dié gesogte klassiekemusiekkompetisie bied sedert 1984 ‘n platform aan jong musikante om hul talent ten toon te stel.

Die kompetisie het vanjaar ‘n rekord- 50 inskrywings ontvang, waarna 28 deelnemers tussen 14 en 19 jaar oud vir die volgende ronde gekies is.

Dié musikante sal van 1 tot 5 Desember in die Endler-saal in Stellenbosch mee­ding met prysgeld van altesaam R180 000 asook die gesogte wennerstitel en goue, silwer- en bronsmedaljes op die spel.

Tiaan is een van 14 pianiste, ses tjelliste, ses violiste en twee saksofoonspelers wat vanjaar aan die kompetisie deelneem. Die deelnemers moet ‘n uiteenlopende repertoire uitvoer, wat verskillende musiektydperke en Suid-­Afrikaanse komposisies insluit.

Die kompetisie word oor vier rondes beslis. Ná die eerste twee rondes word 12 semifinaliste aangewys, waarna die topses-deelnemers vir die eindronde gekies word.

Die finaliste sal tydens ‘n galakonsert op Saterdag 6 Desember saam met die Kaapstad- filharmoniese orkes optree, waar hulle om die titel sal meeding.

Die NJMK bied jaarliks jong klassieke­

musikante die geleentheid om hul vaardighede op ‘n nasionale verhoog te ontwikkel. Die kompetisie fokus op die bevordering van jong talent en geleent­hede vir die volgende generasie musici.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 July 2026
    Weslander E-Edition – 30 July 2026

Gift this article