Sosialemedia-beïnvloeders, -smaakmakers en digitale skeppers het een ding wat vir hulle in die stryd om aandag tel: hulle hoef nie tyd deur te bring om elke party se kommentaar te kry of seker te maak dat elke feit geverifieer is nie.

Dit kos tyd en uithouvermoë om ‘n ondersoekende storie na te vors en onderhoude te doen sodat die joernalis die agtergrond tot die kwessie kan verstaan.

En dan is daar tyd wat deurgebring word met die wag vir kommentaar.

Sogenaamde keyboard warriors hoef hulle nie te steur aan joernalistieke etiek nie. Dit gaan oor die oombliklike bevrediging van eerste wees, nie oor reg of billik verslag doen nie.

Solank as wat daar gesloer word met die aanstel van ‘n ombudsman vir die sosialemediasfeer in Suid-Afrika, is hoe lank die misbruik van die domein vir vals nuus, lasterlike gerugte en egoïstiese selfverheerliking gaan voortleef.

Die gebrek aan regulering en aanspreeklikheid skep ‘n ruimte waar inhoud vinniger versprei as wat dit gekontroleer kan word, en waar emosie dikwels swaarder as die feite weeg.

Goeie etiese joernalistiek, waarna Weslander streef, bly egter afhanklik van ‘n proses, verantwoordbaarheid en die strewe na akkuraatheid, selfs wanneer dit stadig en ongerieflik is. Wanneer dié standaarde geïgnoreer word, raak openbare debat vinnig verwronge en onbetroubaar.

Lesers moet toenemend krities wees oor waar hulle inligting kry, en net so verantwoordelik oor wat hulle verder versprei.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 June 2026
    Weslander E-Edition – 18 June 2026

Gift this article