‘n Yzerfontein-inwoner, Tiaan Grundling, is terug met sy nuwe enkelsnit, “Sien”, wat volg op die sukses van “Sakkie van Hentiesbaai”. Die lied, in samewerking met die digter Stanley Cierenberg, dra ‘n diep emosionele boodskap.

Cierenberg vertel hy was oorbluf toe Grundling sy gedig wou toonset: “Van die eerste note af het dit my aandag gegryp. Skielik hoor ek my woorde deur iemand anders se stem.”

Grundling verken in “Sien” die dualiteit van die lewe – lig en donker,

vreugde en verdriet – en hoe albei noodsaaklik is vir ons spirituele reis. Die lied is vandag, Vrydag 10 April op alle digitale platforms beskikbaar.

Tiaan Grundling.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article