Besoekers geniet die verskeidenheid landbou-uitstallings, vermaak en aktiwiteite tydens die 92ste Swartlandskou in Moorreesburg. Foto: VanZyl Schultz
Besoekers geniet die verskeidenheid landbou-uitstallings, vermaak en aktiwiteite tydens die 92ste Swartlandskou in Moorreesburg. Foto: VanZyl Schultz

Swartlandskou lok landbougemeenskap na Moorreesburg

Besoekers geniet die verskeidenheid landbou-uitstallings, vermaak en aktiwiteite tydens die 92ste Swartlandskou in Moorreesburg. Foto: VanZyl Schultz
Besoekers geniet die verskeidenheid landbou-uitstallings, vermaak en aktiwiteite tydens die 92ste Swartlandskou in Moorreesburg. Foto: VanZyl Schultz

MOORREESBURG – Die Swartlandskou het vroeër dié week op die Moorreesburg-skouterrein afgeskop, met duisende besoekers wat tot Saterdag 5 September ’n program vol landbou, uitstallings en vermaak kan geniet.

Die Swartland Skoukoning, Meri van Niekerk (middel), en haar twee prinsesse, Mieke Nel en Liebe Neetling.
Die Swartland Skoukoning, Meri van Niekerk (middel), en haar twee prinsesse, Mieke Nel en Liebe Neetling, is gereed om besoekers as ambassadeurs van die 92ste Swartlandskou in Moorreesburg te ontvang. Foto: VanZyl Schultz

Die skou, wat as die grootste landbouskou in die Wes- en Suid-Kaap beskryf word, bied vanjaar onder meer bees- en perdekompetisies, die Streek Jeugskou en ’n groot landboumasjinerie-, motor- en nywerheidsuitstalling.

Ongeveer 400 beeste neem volgens berigte aan die beesafdeling deel, met agt rasse wat om kampioenskapstitels meeding.

Jacques Bester, president van die skou, sê die organiseerders is trots om die Swartlandskou voort te sit.
Jacques Bester, president van die skou, sê die organiseerders is trots om ná 92 jaar steeds die mooi tradisie van die Swartlandskou voort te sit. Foto: VanZyl Schultz

Weens die uitdagings rondom bek-en-klouseer is skape en bokke vanjaar nie in die kleinvee-afdeling nie, hoewel daar steeds kleinvee-inligtingsessies en ander aktiwiteite aangebied word.

Die skou sluit Saterdag af. Die hekke open daagliks om 08:00, met uitstallings wat tot 18:00 te besigtig is.

’n Jarelange tradisie van die Swartlandskou is die deelname aan die trompoppiedanskompetisie.
’n Jarelange tradisie van die Swartlandskou in Moorreesburg is die deelname van al die laerskole op die dorp aan die trompoppiedanskompetisie. Foto: VanZyl Schultz
Aksie tydens die Vlaamperd-kampioenskappe. Foto: VanZyl Schultz
Aksie tydens die Vlaamperd-kampioenskappe wat vanjaar as deel van die 92ste Swartlandskou in Moorreesburg aangebied word. Foto: VanZyl Schultz

Die program:

Die 92ste Swartlandskou bied nog vandag en môre landbou, vermaak, uitstallings en iets vir die hele gesin.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 3 September 2026
    Weslander E-Edition – 3 September 2026

Gift this article