Munispale personeel in Weskus besig gehou met stormagtige weerstoestande

Sterk wind het die muur van die Vredenburg-sportgronde platgeslaan. Foto: Noluvu Ludidi
Sterk wind het die muur van die Vredenburg-sportgronde platgeslaan. Foto: Noluvu Ludidi

Wind en reën veroorsaak sedert Saterdag 8 Mei omtrent ‘n oproer in die Weskus.

‘n Lang lys van voorvalle waarin infrastruktuur en eiendom beskadig is, is by die Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM) se Rampbestuur-departement gerapporteer.

Dit wissel van omgevalle lamp- en kragpale en ontwortelde bome. “Nie te veel oorstromings nie, maar baie windskade,” het Ethne Lawrence, woordvoerder van die SBM, gesê.

Woongebiede waar baie hoë bome geleë is, spesifiek in Vredenburg die Hoofstraat, Diazstraat, Kootjieskloofstraat en Apollostraat, Salmanderstraat in Saldanha en Fortstraat en Hopefield Primêr in Hopefield.

Lawrence het gesê Rampbestuur versprei sandsakke asook komberse en klere aan inwoners wat deur die storm geraak is. Inwoners kan ook help deur noodsaaklikhede soos komberse en klere aan Rampbestuur te skenk.

“Bly asseblief binnenshuis, vermy laagliggende gebiede en wees versigtig vir loshangende kragkabels of vallende bome,” het Lawrence bygevoeg.

Inwoners word aangeraai om gebruik te maak van die nommer vir die SBM se 24-uur-beheerkamer by 022 701 6834.

Indien jy foto’s en video’s het wat jy met Weslander wil deel, stuur dit gerus na 082 576 0453.

Foto’s en video van Paternoster geneem deur Danie Hefers.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 7 May 2026
    Weslander E-Edition – 7 May 2026

Gift this article