Mossel- en oesterplase in Saldanhabaai het die oes van oesters en mossels tydelik stopgesit.

Skulpvis-verbod


Die publiek word gewaarsku om nie wilde skulpvis van Saldanha- baai en die omliggende kusgebied te oes en te eet nie.

Dit volg nadat die departement van bosbou, visserye en die omgewing (DFFE) verlede week ‘n waarskuwing uitgereik het.

Monitering het verlede Maandag (25 Mei) baie hoë vlakke van paralitiese skulpvisgifstowwe (PST) in mossels en oesters van Saldanhabaai-plase opgespoor, met toksienvlakke wat meer as 15 keer die regulatoriese veiligheidperk oorskry het.

Die produksiegebiede in Saldanhabaai is tot latere kennisgewing vir oes vir menslike gebruik gesluit.

In hierdie stadium is dit nie duidelik hoe wydverspreid hierdie risiko langs die Weskus is nie en toksienvlakke kan tussen verskillende gebiede verskil.

Volgens Vos Pienaar, die voorsitter van die Tweekleppige Skulpvisboerevereniging van Suid-Afrika, word ‘n baie meer intensiewe opbloei van die Alexandrium- spesies as tevore dié keer ervaar – en veel hoër as die vorige hoogtepunt in 1997. Pienaar sê die gif-inhoud van mossels en oesters of enige filtervoerder is tans gevaarlik hoog.

Verskeie drywende mossel- en oestervlotte word op die waters van Saldanhabaai bedryf. Foto: WWF
Verskeie drywende mossel- en oestervlotte word op die waters van Saldanhabaai bedryf. Foto: WWF

Pienaar verduidelik dat PST neurotoksiene is – soortgelyk aan neurotok- siese slanggif. Dit word deur natuurlike mikroskopiese plankton vervaardig, wat tydens sekere seetoestande opbloei. Dit ge­beur tipies van laat somer tot in die herfs wanneer toestande ‘n spesifieke toksienproduserende planktonspesie bevoordeel. Filtervoedende mossels en oesters voed op plankton en versamel hierdie toksiene tydens opbloeitoestande vinnig.

Volgens Pienaar word plase in die Saldanhabaai twee keer per week getoets en ook daagliks sodra skulpvisgifstowwe op lae vlakke opgespoor word. “As ‘n vroeë waarskuwing word plankton ook deurlopend onder ‘n mikroskoop vir die teenwoordigheid van giftige spesies dopgehou.”

Die DFFE waarsku die inname van besmette skulpvis kan ernstige siekte ver- oorsaak en selfs lewensgevaarlik wees. Die departement lê sterk klem daarop dat die publiek aangeraai word om nie skulpvis te oes of te eet nie totdat verdere kennisgewing uitgereik word.

“Die moniteringstelsel is van internasio­nale standaard en word deur die DFFE bestuur. Dit het oor baie jare bewys dat dit openbare veiligheid doeltreffend verseker. Gekweekte mossels en oesters sal nie die mark bereik tensy dit volledig veilig is om te gebruik nie. Mense wat wilde mossels aan die kus versamel, moet eers navraag doen of dit veilig is om te gebruik,” waarsku Pienaar.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 4 June 2026
    Weslander E-Edition – 4 June 2026

Gift this article