REDELINGHUYS – Ná die Red Stars-rugbyklub se gelykopstryd van 20-20 teen Avonwood Aurora op Saterdag 15 Augustus het die fokus die volgende dag na ‘n saak buite die rugbyveld verskuif.
Die Red Stars het op Sondag 16 Augustus ‘n fondsinsamelings-noenmaal (high tea) by die Sandveld-laerskool se Huis van Rooyen-koshuis aangebied vir Alezade Brink (27), ‘n onderwyseres van Redelinghuys. Sy moet binnekort ‘n nieroorplanting ondergaan. Die opbrengs word aangewend om haar mediese koste te help dek.
Brink het gesê die geleentheid en die ondersteuning van die gemeenskap het haar diep geraak.
“Die high tea het vir my verskriklik baie beteken. Die boodskappe en liefde wat ek ontvang het, het my soveel meer gemotiveer en weer eens bewys hoeveel mense my ondersteun.”
Sy het die Redelinghuys-gemeenskap bedank en gesê sy hoop om ná haar oorplanting haar passie as onderwyser voort te sit en ‘n goeie moeder, dogter en suster te wees.
Die Atlantis-sangeres Florencia Fray met die middag met musiek opgekik- ker. Onder die gaste was Nicky du Toit, prinsipaal van Sandveld-laerskool, Mario Wessels, onderburgemeester van Bergrivier-munisipaliteit, asook Red Stars-bestuurslede Herschelle Engelbrecht en Wessie van der Westhuizen.

Brink het ook vir Andries Booysen bedank wat haar weekliks na behande- lings neem, asook Van der Westhuizen vir sy ondersteuning.
Van der Westhuizen het gesê die Red Stars wil ‘n verskil in hul gemeenskap maak. “Daarom het ons besluit om vir Alezade Brink te help.”
Die geleentheid het nie net geld ingesamel nie, maar ook gewys hoe die Redelinghuys-gemeenskap saamstaan wanneer iemand ondersteuning nodig het.





