Januarie
- Die luukse Shelley Point- hotel, spa en gholfbaan in St. Helenabaai brand op Dinsdag 2 Januarie tot op die grond af. Sowat 200 gaste is in hul nagklere verwyder, maar niemand is in die voorval beseer nie.
- Op Woensdag 17 Januarie word die netbalafrigter Elrico Byl (27) se lyk met wonde aan sy gesig en lyf op die strand by Tabakbaai, Diazville, gekry. Wesley Snyders word later weens die moord in hegtenis geneem.
Februarie
- MyRide Nissan sluit skielik op Woensdag 7 Februarie die onderneming se deure en los sy werksmag, wat uit verskeie Weskussers bestaan, in sak en as.
- Die sesjarige Joshlin Smith verdwyn op Maandag 19 Februarie uit Middelpos, Saldanha, soos mis voor die son. Haar ma, Kelly Smith (33), en haar kêrel, Boeta Appolis (31) en Steveno van Rhyn (27) staan tereg op aanklagte van ontvoering en mensehandel met die doel om uit te buit. Die saak teen ’n buurvrou, Renze Lombaard (31), word teruggetrek. Sy gaan nou vir die staat getuig. Die saak kom op Vrydag 31 Januarie vir die eerste keer in die Wes-Kaapse hooggeregshof in Kaapstad voor vir ’n voorverhoorkonferensie.
- Pieter en Carol Venter se huis in Saturnusstraat in Vredenburg, brand op Saterdag 24 Februarie tot op die grond af. Die egpaar kon net hier en daar iets red.
Maart
- Eksteen (61) se moord in haar huis op 10 Maart in Langebaan veroorsaak skokgolwe. ’n Man van Saldanha word later vir die moord in hegtenis geneem.
- Velddriwwers se harte breek oor Makkie Bester (35) se dood in ’n motorongeluk naby St. Helenabaai.
- Oyinthando Bathuli (4) dies after being electrocuted on 31 March in Middelpos, Saldanha. He was playing with friends on a pile of rocks when he touched an illegal electrical wire. He died on the scene.
- The Silver Cloud cruise liner anchored in the Port of Saldanha on Tuesday 26 March and it was hoped that this would usher in regular visits.
April
- Jeff Fransman (35) van Velddrif val op Donderdag 4 April van ’n vistreiler wat naby Lambertsbaai visvang. Hy word steeds vermis.
- Clint Christians (57) word op Saterdag 13 April doodgesteek op ’n kleinhoewe langs die Orex-pad in die Vredenburg-omgewing. Sy vrou, Lisle (53), aanskou hoe sy aanvallers hom oor en oor steek.
- AO Hennie Swarts (59) sterf in ’n botsing teen ’n vragmotor op 20 April op die Velddrif-Piketbergpad. Sy kollega van die Laaiplek-polisiekantoor, konst. Donovan Katske (29), is ernstig in die ongeluk beseer en moes verskeie operasies ondergaan.
- Autumnsney “Tamsie” Jansen (19) se lyk word op Vrydag 26 April op die strand langs Diazville gekry. Die gewelddadigheid van haar moord en die gevoellose manier waarop haar lyk agtergelaat is, skok haar familie en die gemeenskap. ’n Moorddossier is geopen, maar niemand is nog in verband met haar dood in hegtenis geneem nie.
Mei
- Jose Camacho (77) word op sy hoewe buite Vredenburg vermoor. Sy lyk word op sy verjaarsdag, Woensdag 1 Mei, buite sy huis ontdek. Niemand is nog vir die voorval in hegtenis geneem nie.
- Twee mans van Worcester verskyn in die Vredenburg-landdroshof op aanklagte van bedrog wat verband hou met die vals verkoop van voertuie op Facebook.
Junie
- Christo Basson (36), pa van twee, word voor die Laerskool Saldanha doodgesteek. Sy vrou, Adel Basson (35), word in die voorval beseer. Een verdagte word later vir die moord in hegtenis geneem.
- Derick Kalmeyer kry twee keer lewenslange tronkstraf vir die moord op Faith (3) en Conry (18 maande) van Vredenburg in 2019.
- Twee vissers kom om toe hul snoekskuit naby St. Helenabaai omslaan: Alfonso Vraagom (38) en Jan Buitendag (53).
Julie
- Vyf rowers val Gerhard Nel (65) en sy vrou, Barbara Nel (63), op Maandag 1 Julie op die Halfmanshof-boerdery tussen Porterville en Saron in hul huis aan en steek Gerhard herhaaldelik. Die vasgebinde Barbara kry haarself los en gaan ontbied hulp. Gerhard beswyk later in die hospitaal aan sy wonde.
- Kamvalethu Ncaza, (18), a Grade 12 learner at Vredenburg High, suddenly and unexpectedly died on Monday 29 July on his way to school. His mother, Fikiswa Ncaza, said it was just a typical morning for the Ncaza household, and Kamva was perfectly fine, doing what he did at breakfast time. He took a lift with a man going in the direction of Saldanha. When it was time for him to get out, he was unresponsive. The man rushed Kamva to the hospital where he was pronounced dead.
Augustus
- ‘n Trein tref Matthew Nero (34) op Dinsdag 6 Augustus tussen Witteklip en George Kerridge in Vredenburg. Hy is op slag dood. Die ondersoek gaan steeds voort.
- Die Ultra Galaxy-vragskip van Panama strand op 9 Julie by Duiwegat, net suid van Brand-se-baai.
- Dit was ’n oggend van kleur en geur toe die Weskus-vroue by Weslander se Vroueoggend byeengekom het. Dié prag-geleentheid het op Vrydag 30 Augustus by Soverby Lapa in Dwarskersbos plaasgevind. Sowat 150 vroue het dié geleentheid bygewoon – getooi in hul mooiste klere en kleure. Die gasspreker was niemand anders nie as die TV-persoonlikheid Marciel Hopkins, wat die vroue met haar sjarmante persoonlikheid en wysheid inspireer het.
September
- ’n Polisieman van Saldanha, sers. Zola Bapeti, word vasgetrek ná ’n gewapende rooftog op Maandag 9 September by ’n winkel in Noordhoek, Velddrif. Yassin Mphona (35) is in die winkel doodgeskiet en Herman Baumeester gewond. Die saak teen Bapeti duur voort.
- Die charismatiese dr. Louis Muller (40), ’n algemene praktisyn in Vredenburg, sterf op Woensdag 11 September in ’n motorongeluk. Muller is omstreeks 07:35 op slag dood toe die Suzuki-motor waarin hy van Langebaan na Vredenburg onderweg was, reg van voor teen ’n vragmotor gebots het. Die vragmotor was op pad Kaapstad toe toe die botsing op die Weskuspad (R27) tussen Vlakvarkgat en die Engen-eenstop gebeur het.
Oktober
- Die hof maak bekend dat Kelly Smith (33) glo al in Augustus 2023 hardop beplan het om haar kinders iewers in Januarie of Februarie vanjaar te verkoop. Sy het ook na bewering sáám met haar sesjarige dogter, Joshlin, in ’n wit motor met vreemdelinge geklim, waarna die kind nooit weer gesien is nie. Die staat voer aan dat Smith Joshlin al op Sondag 18 Februarie aan ’n vrou in ’n wit motor gaan wys het. Die vrou het glo uit die voertuig geklim en “iets” aan die beskuldigde oorhandig. Smith en Joshlin is hierna huis toe waar Smith, Appolis, Van Rhyn en Lombaard na bewering die transaksie bespreek het en ook hoe die geld verdeel sou word.
November
- Vyf mense sterf in die Weskus en talle word beseer in vier ongelukke wat die families met stukkende harte en onbeantwoorde vrae laat. Op Saterdag 9 November word Jenna Koen (19) en Jaundré Koen (18) van Velddrif beseer in ’n botsing in Oostewalstraat, Langebaan. Dieselfde aand omstreeks 20:30 sterf die tweelingsussies Zoë en Alex Arends in Saldanha se hoofstraat. Sondagoggend (10 November) is die 17-jarige Brian Jansen in ’n ongeluk by Moorreesburg oorlede. Sondagmiddag is twee vroue, Virna Botha (Fortuin) en Elaine Rhodes, in ’n taxi-ongeluk op slag dood.
- Daniël Smit (58) kry lewenslank vir die moord op die 13-jarige Jerobejin van Wyk van Klawer. Hy het die tiener in Februarie 2022 vermoor, in stukke gesny en die liggaamsdele in dreine en dromme versteek.
Desember
- Die nuus breek dat Vredenburg nie net ’n SPAR en ’n Astron-vulstasie in Saldanhaweg naby die Weskus Mall gaan kry nie, maar ook ’n heel nuwe buurt, Stone Ridge, met huise en woonstelle.
- Gerhardo Barnard (11), ’n gr. 4-leerder aan die Laerskool Vredenburg, sterf skielik op Maandag 2 Desember. Volgens sy ma, Heidi Barnard, was hy die oggend nog “piekfyn”, maar sy moes hom later die oggend by die skool gaan haal omdat hy siek geword het. ’n Geregtelike doodsondersoek volg.



