Die botstoneel.
Die botstoneel. Foto’s: Danie Hefers

Polisiebeamptes in botsing beseer


Twee polisiebeamptes van die St. Helena- baai-polisiekantoor is beseer toe ‘n polisie- voertuig en ‘n private voertuig die afgelope Saterdag (31 Oktober) op die St. Helena- baaipad in ‘n botsing betrokke was.

Die voorval het tussen 18:00 en 20:00 voor die ingang na die plaas Patrysberg plaasgevind.

Volgens kapt. Andrew Prinsloo, die stasiebevelvoerder van die St. Helenabaai­polisie, het een van die beamptes ‘n arm gebreek en moet ‘n operasie ondergaan.

Die botstoneel
Die botstoneel

“Vier ander beamptes het ligte beserings opgedoen,” het hy bygevoeg.

Prinsloo het bevestig geen insittendes van die private voertuig is in die botsing beseer nie. Die omstandighede is nie bekend gemaak nie.

LEES OOK: Maak jouself sigbaar in mis

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 November 2026
    Weslander E-Edition – 5 October 2026

Gift this article