JACOBSBAAI – Bokwagters wat op Donderdag 19 Maart besig was om bokke sowat 800 m van die dorpie af aan te jaag, het op ’n erg ontbinde lyk afgekom.
Wat hulle omstreeks 13:30 in die veld naby die ou Jacobsbaai-landingsbaan laat soek het, was glo die verskriklike reuk. Dit is toe dat hulle die lewelose liggaam van ’n onbekende man gevind het, wat op sy sy gelê het. Hy het ’n blou denimbroek, ’n donkerblou T-hemp en swart Crocs-skoene aangehad.

Hulle het onmiddellik die polisie gekontak. Volgens die polisie was geslag en klere egter al die enigste herkenbare kenmerke, weens die gevorderde stadium van ontbinding wat deur die hittegolf verlede week versnel is.
Daar word vermoed dat hy reeds ’n week of twee gelede gesterf het, maar die lykskouing wat op Donderdag 26 Maart plaasvind, kan dalk meer duidelikheid bring. DNA-monsters sal vir analise na forensiese laboratoriums in Pretoria en Kaapstad gestuur word.
Enigiemand met meer inligting word versoek om die speurder in die saak, AO Siyabonga Bara, te skakel by 022 714 8331 / 8333 / 8301.






You must be logged in to post a comment.