New Hope, ‘n organisasie sonder winsbejag in Louwville, deel klere en sop in die gemeenskap uit. Foto: Noluvu Ludidi

Ter viering van Mandeladag het Weskussers die afgelope Vrydag (18 Julie) samesyn en eenheid getoon.

Organisasies, ondernemings, vrywilligers en die gemeenskap in geheel het in verskeie dorpe op hul eie manier in gemeenskappe teruggeploeg, hetsy deur klere, sop, kos of net hul tyd om iemand spesiaal te laat voel, en ‘n gees van ubuntu was oral in die lug.

Volgens Nzondie Ngalwana, ‘n projekkoördineerder van Badisa Weskus, sien hulle die daaglikse stryd van kwesbare gesinne raak en het die behoefte gehad om tot aksie oor te gaan in plaas daarvan om elke dag die Kinderwet te verkondig.

“Mandeladag het vir ons die perfekte geleentheid gegee om waardigheid te herstel deur ‘n huis in nood skoon te maak en hoop deur gemeenskapsondersteuning te bring.”

Sy moedig almal aan om klein te begin. Dit kan wees deur ‘n buurman te help, ‘n maaltyd te deel of iets te skenk wat jy nie meer gebruik nie.

“As ons almal elke dag ‘n bietjie doen, kan ons blywende verandering skep – nie net op Mandeladag nie, maar elke dag.”

Claudia de Koker van New Hope, ‘n organisasie sonder winsbejag, sê ‘n groot behoefte heers in die gemeenskap – veral onder kinders.

“Die uitreik het vir my so baie beteken. Dit was nie net om kos en klere uit te deel nie, maar ook ‘n boodskap van hoop dat ons elkeen op ons eie manier ‘n verskil kan maak. Ek daag organisasies en sakeondernemings uit om meer betrokke te raak – nie net op dae soos Mandeladag nie, maar elke dag.”

Alrika Hefers, die bestuurder van die Hoopsigprojek in Paternoster, sê dit is hul missie om elke dag kinders en hul gemeenskap te dien.

Personeel en vrywilligers van die Hoopsigprojek in Paternoster deel heerlike sop en broodjies uit. Foto: Danie Hefers

“Die Yeboneer@Homelearning is een van ons projekte en hulle het self die aktiwiteite vir die dag uitgedink. Dit het onder meer die uitdeel van sop, die skoonmaak van gemeenskapstuine en die optel van rommel behels.”

Dié program is ‘n voltydse jeug-oorbruggingsprogram vir goedgekeurde Paternoster-jeugdiges wat matriek voltooi het en tussen 18 en 25 jaar oud is.”

Dit was danksy ‘n oorvloed Mandeladagvieringe in die Weskus wonderlik om te ervaar dat mense steeds kan saamstaan om ‘n verskil te maak, ongeag hoe klein die bydrae is.

Almal span saam. Die personeel van Glenryck, Snyer Business Consulting, die Saldanhabaai-munisipaliteit, die Early Learning Resource Unit, vrywilligers van plaaslike hoërskole en die gemeenskap asook die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap berei broodjies voor vir vroeëkinderontwikkellingsentrums in Louwville (Vredenburg) en Laingville (St. Helenabaai).
Dié span van Badisa Weskus gee saam met ander rolspelers ‘n woning in Noordhoek nuwe lewe.
Die Vredenburgse mediese nooddiens HEA het Mandeladag gevier deur warm sop aan pasiënte en gemeenskapslede by die Louwville-kliniek uit te deel.
Bumblebee Dagsorg in Witteklip vier Mandeldadag deur klere, vetkoeke en sop aan minderbevoorregtes uit te deel.

Kinders leer om te gee op Mandeladag

Personeel en kleuters van die Em-Li-skooltjie vir dagsorg en gr. R in Saldanha het Vrydag (18 Julie) – Mandeladag – warm sop naby die taxi-staanplek uitgedeel.

Cecilia Nazeema deel sop uit en juffrou Ansie van Wyk staan haar by.

Entle Tile oorhandig sop aan ‘n dankbare karwag. Foto’s: Ansie van Wyk

Bailey Isaacs het vir hierdie dankbare oom ‘n koppie sop en toebroodjie gegee.

Mia Marie Tredoux leer sop uitdeel terwyl Hudson August toekyk.

Die flukse sopmakers én uitdelers was van links Luzel Coetzee, Ceska Agust en Loriena Greef.

Angelique Jones ‘n ouer help sop uitdeel.

Weskussers was goedhartig en vrygewig op Mandeladag:

Ter ere van Mandela-dag oorhandig die span van die Sea Harvest Foundation komberse en bring 67 minute deur saam met senior burgers by Vital Connection in Saldanhabaai.
The Langebaan Thusong stakeholders assisted over 60 children, providing a warm cup of soup and a snack to each learner. Their hair was also cut to help them get ready for the third school term.
Lethemba Care Projects reik saam met vennote en rolspelers na die Genadefontein-restorasiesentrum Huis Natachia en die Louwville-kliniek uit. Heerlike kos is aan almal uitgedeel. Hulle het dieselfde by die
Louwville-gemeenskapsaal gedoen.
Verskeie rolspelers, insluitend Kumba Iron Ore, Transnet en die Saldanhabaai-munisipaliteit, kikker die dag vir Vital Connection-lede in Saldanha op. Foto’s: Noluvu Ludidi
Lia Bishop from With Love, along with her church, the CRC Langebaan, provided meals to those in need in the George Kerridge and Hopland neighbourhoods.
The department of public safety distributed soup to over 300 children in the Laingville area of St Helena Bay.
Die personeel van Glenryck, Snyer Business Consulting, die Saldanhabaai-munisipaliteit, die Early Learning Resource Unit, vrywilligers van plaaslike hoërskole en die gemeenskap asook die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap het broodjies voorberei vir die vroeë-kinderjare-ontwikkelingsentrums in Louwville, Vredenburg en Laingville, St Helenabaai.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article