Almal wat betrokke was en die spesiale geleentheid bygewoon het, staan vir ’n groepfoto op die honde-eenheid in Saldanha se grasperk waar die geselligheid gehou is.

Honde-eenheid bedank buurtwagte

Almal wat betrokke was en die spesiale geleentheid bygewoon het, staan vir ’n groepfoto op die honde-eenheid in Saldanha se grasperk waar die geselligheid gehou is.


In die gees van Mandeladag, wat Maandag 18 Julie plaasgevind het, het die polisie se honde-eenheid in Saldanha die buurtwagte van Saldanha, Tabakbaai en White City na ’n spesiale geleentheid genooi om hulle te bedank vir hul onbaatsugtige bydrae om misdaad in die gebied te gekamp.

Daar is heerlik gekuier en aan sop en boereworsrolle gesmul waarna almal in konvooi deur Saldanha se onderskeie gebiede gery het om bewusmaking te skep.

Die buurtwagte bedank die polisie, die burgemeester André Truter, die militêre akademie en die Cartol Vleismark vir die heerlike geselligheid.

Om by die Saldanha-buurtwag aan te sluit, bel gerus Stephan Hamilton by 083 448 0980.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 11 June 2026
    Weslander E-Edition – 11 June 2026

Gift this article