Longacres Privaat Skool het rede om op twee van sy leerders trots te wees nadat hulle onlangs op provinsiale vlak in die Weskus-streek uitgeblink het.
Conor Meyer was tweede in wiskunde in die Weskus, terwyl Andrew Starke ‘n derde plek in dié vak behaal het.
Starke het ook ‘n besonderse sewende plek in fisiese wetenskappe in die Weskus behaal.
Dié prestasies is ‘n bewys van dié twee leerders se harde werk, toewyding en verbintenis tot akademiese uitnemendheid.
Die skool spreek sy trots teenoor Meyer en Starke uit en wens hulle geluk met die prestasies. “Julle het Longacres uiters trots gemaak,” was die boodskap van die skool aan die twee jong akademici.





