Boland Cricket Awards 2025-2026
Boland Cricket Awards 2025-2026

Boland-krieketunie bekroon sy sterre


PAARL – Die Boland-krieketunie het onlangs sy jaarlikse toekenningsgeleentheid by die Paarl-stadsaal aangebied, waar spelers, skeidsregters, administrateurs en klubs vir die 2025/26-seisoen vereer is.

Onder die wenners was verskeie spelers en klubs uit die Weskus en Swartland:

In die skoolkategorieë is Louis De Silva as o.13-seuns Speler van die Jaar aangewys, Lize De Waal as o.16-meisies Speler van die Jaar, Abriam Jacobs as o.16-seuns Speler van die Jaar, Bryan Cochrane as o.17-landelike Seuns Speler van die Jaar, Mia-Elizabeth van der Vyfer as o.19-meisies Speler van die Jaar en Taywin Adams as o.19-seuns Speler van die Jaar.

In die administratiewe en ander kategorieë is Dalynn Pietersen as KFC Minikrieket-koördineerder van die Jaar aangewys. Heinrich Hartzenberg het die toekenning vir Punte-aanwyser van die Jaar ontvang, terwyl Tanaka Elvis as Skeidsregter van die Jaar aangewys is. Shepherd Mangxaba en Haindrick Fortuin is onderskeidelik as Blind Krieketspeler en Dowes Krieketspeler van die Jaar aangewys.

Vineyards-krieketklub het die Weskus-afdeling van die klub-T20-kompetisie gewen, terwyl Hopefield Wanderers-krieketklub die Promosie-Wes tweede-afdeling gewen het. Darling-krieketklub het die Promosie-Wes eerste-afdeling gewen.

In die 50-oor-kompetisie het Moorreesburg-krieketklub die Weskus-afdeling gewen. Malmesbury 2-krieketklub het die Promosie-Wes tweede-afdeling gewen en Darling-krieketklub die eerste-afdeling.

In die vrouekategorieë is Mia-Elizabeth van der Vyfer as T20 Speler van die Jaar aangewys, Babette De Leede as Eendag Speler van die Jaar en Daneli Boshoff as Speler van die Jaar.

Gavin Kaplan het drie mans-toekennings ontvang, naamlik 4-Dag Speler van die Jaar, Kolwer van die Jaar en Speler van die Jaar. Akhona Mnyaka is as Eendag Speler van die Jaar aangewys, Imraan Manack as T20 Speler van die Jaar en Glenton Stuurman as Bouler van die Jaar. Lowaden Siegelaar is as Senior Landelike Speler van die Jaar aangewys.

Moorreesburg-krieketklub het ook promosie ontvang en sal in die nuwe seisoen in die Promosie-Wes-liga speel.

Vredenburg-Saldanha 2 het eweneens promosie ontvang en sal vir die eerste keer in die Promosie-Wes-liga meeding.

Die SA Skole-toekennings het onder meer Mia-Elizabeth van der Vyfer, Melissa van der Merwe, Daneli Boshoff, Taywin Adams en Francois Prins vereer. Van der Merwe en Boshoff is ook as o.19 Protea-spelers aangewys.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 27 August 2026
    Weslander E-Edition – 27 August 2026

Gift this article