Nes aasvoëls om ’n karkas is die Weskus, spesifiek Saldanha, die afgelope drie maande ingeval – soveel “joernaliste” uit alle oorde het die Weskus nog nooit gesien nie.

Politieke groeperinge en individue wat graag bekendheid wil verwerf en meedoënloos misleidende inligting oor die saak na hul sosialemedia-volgelinge deurgee. Wanneer dit as vals deur geakkrediteerde joernaliste bewys word, word dit net eenvoudig afmaak met “jammer, jammer”; anders as mediahuise wat verantwoordbaar gehou word as hulle vals nuus sou versprei. Of iemand valslik van ’n misdryf beskuldig.

So ook het sieners van heinde en ver waardevolle polisiehulpbronne en tyd kom mors met ’n legio van “drome” en “gesigte” oor waar die arme Joshlin Smith (6) haar glo bevind. Die polisie moet elke wenk opvolg.

Gewone mense het nou skielik almal “kenners” oor vermiste kinders, die verloop van ’n polisie-ondersoek en die regsproses geword, en gee hul mening ongetoets deur.

Die erekode waaraan opgeleide joernaliste glo en die mediawette wat oor verslaggewing oor polisieondersoeke en hofsake waak, word juis gevolg om inmenging te voorkom.

Dit is duidelik dat in die Joshlin Smith-saak die grense van waar ’n polisieondersoek eindig en politieke verkiesingsveldtogte begin erg beduiwel is – en die kind is steeds weg.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article