Carel van Niekerk, nuut aangestelde direkteur van tegniese dienste by die Bergrivier-munisipaliteit.

Leiding vir tegniese dienste

Carel van Niekerk, nuut aangestelde direkteur van tegniese dienste by die Bergrivier-munisipaliteit.

“Ek is hier om die gemeenskappe van die Bergrivier-munisipaliteit te dien en infrastruktuur te help ontwikkel wat groei ondersteun en inwoners se lewensgehalte verbeter.”

So sê Carel van Niekerk, die nuut aangestelde direkteur van tegniese dienste by die Bergrivier-munisipaliteit, wat meer as 17 jaar ondervinding in ingenieurswese, infrastruktuur en projekbestuur het.

Van Niekerk is in Pretoria gebore en het in 2024 as professionele ingenieurstegnikus by die Ingenieursraad van Suid-Afrika (ECSA) geregistreer.

Hy het sy diploma in siviele ingenieurswese in 2007 aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie verwerf en later sy Baccalaureusgraad in tegnologie in siviele ingenieurswese in 2013 deur die Durban Universiteit van Tegnologie voltooi.

Gedurende sy loopbaan het hy by ingenieursfirmas soos Aurecon en WSP Group Africa gewerk en aan infrastruktuurprojekte in Suid-Afrika en internasionaal deelgeneem. Van die projekte waaraan hy gewerk het, sluit in infrastruktuurontwikkeling by die Saldanhabaai-nywerheidsontwikkelingsone.

Volgens Van Niekerk speel tegniese dienste ‘n sleutelrol in plaaslike regering omdat dit inwoners se daaglikse lewe en die ekonomiese ontwikkeling van gemeenskappe beïnvloed.

“Grootmaatwatervoorsiening, paaie, stormwaterinfrastruktuur en instandhouding vorm die grondslag van goed funksionerende gemeenskappe,” sê hy.

Sy fokus is om ‘n oplossingsgedrewe tegniese dienste-afdeling te bou wat op groei, infrastruktuurbehoeftes en klimaatuitdagings kan reageer. “Infrastruktuurontwikkeling moet nie net dienste verbeter nie, maar ook geleenthede vir plaaslike besighede, opkomende kontrakteurs en KMMO’s skep,” sê hy.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 4 June 2026
    Weslander E-Edition – 4 June 2026

Gift this article