10:35

Lombaard verlaat die hof op Vredenburg, onder swaar polisie bewaking, nadat sy haar borgaansoek laat vaar het. Dit is onbekend waar sy aangehou word. Die hofsaak teen die vier beskuldigdes in die Joshlin Smith-saak tot 13 Mei vir verdere ondersoek uitgestel.

Foto: Alida Buckle

Lorentia Lombaard

09:50

Borgaansoek laat vaar

Lombaard het pas aangedui dat sy haar aansoek om borg laat vaar en bly in aanhouding.

Sy verskyn dus op Woensdag 13 Mei saam met die ander drie beskuldigdes op aanklag van mensehandel en ontvoering. Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek.

09:13

Die media sit en wag vir die hofsitting om te begin. Joshlin se familie woon weer die hofverrigtinge by.

08:30

Dag 35 van Joshlin Smith se verdwyning

Lorentia “Renze” Lombaard (32), die vierde verdagte in die Joshlin Smith-saak, verskyn vandag in die Vredenburg-landdroshof vir borginligting.

Buite die hof is dit stil.

Lombaard staan tereg op aanklagte van mensehandel en ontvoering. Sy sal vandag aandui of sy om borg gaan aansoek doen, of nie.

Haar saak is reeds by die van Kelly Smith (33), Joshlin se ma, Jacquen “Boeta” Appollis en Stevano van Rhyn gevoeg.

Foto: Alida Buckle

Lorentia

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article