Regter Nathan Erasmus en regslui probeer ‘n beter prentjie kry van die omgewing en omstandighede waartydens die toé sesjarige Joshlin Smith van haar huis in Middelpos, Saldanha verdwyn het, tydens ‘n ter plaatse ondersoek van die gebied.

Alida Buckle

Regter
Nathan Erasmus het vandag (Donderdag 6 Maart) ‘n terplaatse-ondersoek deur
Middelpos by Saldanha gelas.

Joshlin

Regter Nathan Erasmus en regslui probeer ‘n beter prentjie kry van die omgewing en omstandighede waartydens die toé sesjarige Joshlin Smith van haar huis in Middelpos, Saldanha verdwyn het, tydens ‘n ter plaatse ondersoek van die gebied.

Die polisie het hulle hande vol gehad om die
omstanders te beheer wat by Kelly Smith (34) wou weet waar Joshlin is.

Die groep regslui en die media het eerste die houthuisie besoek waar Kelly saam
met haar drie kinders en Boeta Appolis gewoon het, tot Joshlin se verdwyning in
Februarie 2024.

KYK: Sy is op 19 Februarie verlede jaar deur Kelly by die Saldanha-polisie as vermis aangegee. Ten spyte van ‘n grootskaalse soektog na haar is daar ‘n jaar later steeds geen teken van haar nie. 

Kelly, Boeta en die derde beskuldigde, Steveno van Rhyn, was
aan hul voete geboei. Ayanda se huis, en ander sleutelpunte in die area is te
voet besoek. Die hofsitting is Donderdagmiddag weer in die Veeldoelige Sentrum in
White City voortgesit.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article