‘n Verkiesingsmanifes is meer as ‘n lys mooi beloftes. Volgens dr. Clive Coetzee behoort dit ‘n eenvoudige vraag te beantwoord: Wat gaan ‘n party doen indien hy beheer oor ‘n munisipaliteit kry, wat sal eerste aangepak word en hoe sal dit betaal word?
Coetzee daag kiesers uit om eers hul eie “manifes” saam te stel voordat hulle dié van politieke partye beoordeel.
Hy identifiseer nege belangrike gebiede waaroor kiesers behoort na te dink: Visie en prioriteite, dienslewering, finansiële bestuur, verkryging, plaaslike ekonomiese ontwikkeling, behuising en ruimtelike beplanning, veiligheid, bestuur en verantwoordbaarheid, asook openbare deelname.
Die kernvraag is nie bloot watter party die meeste belowe nie, maar watter beloftes realisties, bekostigbaar en meetbaar is.
Kiesers behoort hul eie prioriteite teen dié van politieke partye te vergelyk en te vra of tydsraamwerke en finansiering agter beloftes geloofwaardig is. Hy meen kiesers wat weet wat vir hulle belangrik is en waarvoor hulle bereid is om te betaal, is moeiliker om met leë slagspreuke te beïnvloed.
Lees die volledige rubriek “Nie net ‘n kruisie nie | Hoe sou jou verkiesingsmanifes lyk?” op weslander.co.za.





