 Geliefde danser se oorskot in berge gevind nadat hy sedert Januarie vermis word:

• Almal wat vermis word, word dood gevind. Wat gaan in die land aan? Regtig, van die duiwel besete. Sterkte vir sy ma en familie. – Amelia Scholtz

• Sterkte aan die familie en vriende. – Francia Mans

• My innige meegevoel aan die ouers en familie en vriende. – Ida Pietersen

 Kelly se huis brand af: I hope they searched the ground inside and around that shack for any signs of a buried body. Joshlin was either murdered or she is alive being abused somewhere. Either way, they know what happened to her. Charging them for such lesser crimes is not justice for Joshlin at all. They must be made to talk; one of the three must break! A child’s life is still at stake. What now of that if they are locked up for these crimes only? – Nicky Daniels

 So, almal kan hoorsê en die regter glo dit sonder bewyse in ‘n hof? So baie kinders raak weg, én grootmense, maar niemand word verantwoordelik gehou nie. Baie onreg van die wette in ons land; dit help net vir sekeres. – Kallie Samson

• Dit is maar net die begin. Dink jouself in – Kelly se straf is nie na wense nie. Sy moet maar hoop en bid sy kry lewenslank, want die gemeenskap sal haar bundu. – Karen Niewenhuys

• Mense verstaan verkeerd. Dit was nie die gemeenskap nie; hulle sal nie hul eie huise in gedrang plaas om dit te doen nie. Hoekom nou eers as hulle dit lankal al kon doen? Daai R20 00 was seker in die matras weggesteek. Nêrens is mel-

ding gemaak waar die geld is nie – nie eens die staatsaanklaer het dit bevraagteken nie. Mense praat van ‘n handsein wat sy gegee het net nadat die hof verdaag het. – Lee-Ann Leibbrandt

• Dis nie reg nie, ons mense het woede. Julle vergeet ons dien ‘n lewende God wat self in beheer is van hierdie saak. Asseblief, moenie – gaan op jul kniëe; gebed dra krag. Te veel dinge gebeur daagliks en is erger in soveel omstandighede en dit word nie afgebrand nie. Waar is u geloof? Bid oor hierdie saak. Hou op afbrekerig wees. Ons land is al reeds so aan skerwe en ons as die mens ly daaronder. Ek vra u as mens om met ‘n vol gemoed te bedaar en ons bid in ons land vir die kind en die hofsittings wat besluite moet neem, so ook vir die drie wat gestraf moet word. Die hele situasie is uit verband geruk. Hou nou asseblief op oordeel en laat dit in ons Vader se hande. God is in beheer. Sterkte aan almal. Joshlin – waar sy ook al is – het ons nodig. Vat dus hande en gaan op julle kniëe. Bid vir verlossing. Amen. Die saak is in U hande, ons dierbare God. – Pamala Abrahams

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article