Suzette Conradie (tesourier) oorhandig die toe- kenning aan Lolan Smit (middel) saam met Allan Dreyden (voorsitter).
Suzette Conradie (tesourier) oorhandig die toe- kenning aan Lolan Smit (middel) saam met Allan Dreyden (voorsitter).

ATKV vereer Lolan Smit

Suzette Conradie (tesourier) oorhandig die toe- kenning aan Lolan Smit (middel) saam met Allan Dreyden (voorsitter).
Suzette Conradie (tesourier) oorhandig die toe- kenning aan Lolan Smit (middel) saam met Allan Dreyden (voorsitter).

VELDDRIF – Die ATKV-tak Velddrif het op Vrydag 23 Oktober by ‘n lente-ontbyt by Soverby Lapa in Dwarskersbos hulde gebring aan tannie Lolan Smit (94) vir haar uitsonderlike bydrae tot mense met outisme en hul gesinne.

Smit is op 27 Augustus 1932 in Leslie, Mpumalanga, gebore. Ná haar skoolopleiding in Middelburg het sy ‘n B Ed-graad aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf en jare lank onderwys gegee.

Ná haar huwelik met ‘n plaaslike boer het sy haar in Velddrif gevestig.

Die Smit-familie het grond vir die ontwikkeling van Velddrif geskenk en ook die Riviera Hotel opgerig.

Lolan Smitstraat in Laaiplek herinner aan haar verbintenis met die omgewing.

Haar betrokkenheid by outisme het begin toe sy op 60-jarige ouderdom ver-

neem het dat die siekte by haar kleindogter gediagnoseer is. Tydens ‘n besoek aan haar seun in Kanada het sy instansies besoek om meer oor die toestand en toepaslike ondersteuning te leer.

Sy het haar kennis verder uitgebrei deur verskeie diplomakursusse te voltooi.

Haar belangstelling het gelei tot ‘n belangrike bydrae tot inklusiewe onderrig.

Sy het gehelp met die vestiging van ‘n spesiale onderrigafdeling by St George’s Grammar School in Kaapstad. Weens ‘n tekort aan geld het sy as gekwalifiseerde

onderwyser sonder vergoeding diens gedoen om leerders met spesiale behoeftes te ondersteun.

Selfs ná haar aftrede het Smit voortgegaan om ‘n tuisskool vir leerders met spesiale behoeftes te bedryf. Op 94 jaar ondersteun sy steeds ‘n leerder, Matthew, met die ontwikkeling van sy skildertalent. Sy kunswerke verskyn reeds jare lank in ‘n onderneming se kalenders.

Die ATKV-tak Velddrif het Smit se dekades lange, onbaatsugtige diens en haar besondere toewyding aan mense met outisme en hul gesinne erken.

Haar lewensverhaal getuig van deernis en deursettingsvermoë.

LEES OOK: Velddrif vereer bekende aktrise Antoinette Kellermann

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 29 October 2026
    Weslander E-Edition – 29 October 2026

Gift this article