KI Opleiding.

Afrikaanse KI-opleiding lok groot belangstelling


Helpende Hand Wes-Kaapstreek het op 7 Julie ‘n aanlyn opleiding in Kunsmatige Intelligensie (KI) as deel van ‘n fondsinsamelingsinisiatief aangebied. Altesaam 100 deelnemers het die Afrikaanse kursus, aangebied deur Debbie Laubscher van iSimplifi Computers, bygewoon.

Die opleiding was gemik op mense met ‘n basiese kennis van KI wat hul vaardighede verder wou ontwikkel en leer hoe om die tegnologie meer doeltreffend in hul werk, besigheid en alledaagse lewe toe te pas. Die feit dat die kursus volledig in Afrikaans aangebied is, het deelnemers die geleentheid gebied om komplekse konsepte makliker te verstaan en prakties toe te pas.

‘n Meningspeiling voor die opleiding, waaraan 38 deelnemers deelgeneem het, het getoon dat die meeste reeds KI gebruik. ChatGPT was die gewildste platform, gevolg deur Microsoft Copilot, Gemini, Meta AI, Canva, Claude, Grok, DALL-E en Perplexity. Slegs ‘n klein aantal respondente het aangedui dat hulle min of geen ervaring met KI het nie.

Die opname het verder gewys dat deelnemers KI byna ewe veel op selfone as op rekenaars gebruik, wat daarop dui dat die tegnologie reeds deel van hul daaglikse werk- en persoonlike lewe is. Hoewel die meeste reeds vertroud is met KI, bestaan daar ‘n duidelike behoefte aan praktiese opleiding wat fokus op gevorderde gebruik en werklike toepassings.

Volgens Alisha de Lange, streekbestuurder van Helpende Hand Wes-Kaap, was die terugvoer uiters positief, en wys dit op ‘n duidelike behoefte in ons gemeenskap vir toeganklike, praktiese KI-opleidingsgeleenthede. “Mense wil nie net weet wat KI is nie, maar hoe hulle dit verantwoordelik en doeltreffend kan gebruik om hulle werk, ondernemings en daaglikse take te verbeter. Die feit dat die opleiding in Afrikaans aangebied is, het dit vir baie deelnemers nog meer waardevol gemaak,” sê De Lange.

Vir meer inligting kan belangstellendes ‘n e-pos stuur na alisha@helpendehand.co.za.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 13 August 2026
    Weslander E-Edition – 13 August 2026

Gift this article