Alida Buckle
Die polisie gaan ekstra streng wees met die maatreëls en regulasies by die Veeldoelige Sentrum in White City, Saldanha, tydens volgende week se vonnisoplegging van Kelly Smith, Boeta Appollis en Steveno van Rhyn van 27 tot 29 Mei.
Hulle is skuldig bevind aan ontvoe-
ring en mensehandel nadat die sesjarige Joshlin Smith op Maandag 19 Februarie 2024 in die Middelpos- informele nedersetting langs Diazville aan vreemdelinge verkoop is.
Volgens kapt. Tania Helfrich, woord-
voerder vir die Weskus-polisiedistrik, begin hofverrigtinge op Dinsdag 27 Mei stiptelik om 09:00. Dus moet die publiek betyds wees en daarop let dat daar net 200 sitplekke vir die publiek is. Die familielede van die drie beskuldigdes kry voorkeur.
Daar moet voortydig voorsie-
ning gemaak word vir eet- en drinkgoed omdat die ruspouses baie kort gaan wees.
Helfrich benadruk dat geen glasbottels of kos in die hofsaal toegelaat sal word nie. “Selfone moet te alle tye afgeskakel wees,” waarsku sy ook.
Op die dag wat regter Nathan Erasmus se vonnisoplegging gaan geskied, Donderdag 29 Mei, sal daar egter nog strenger maatreëls toegepas word, soos dat geen drink- of snoepgoed in die hofsaal toegelaat gaan word nie.
“Ons verwag dat die publiek te alle tye gehoor sal gee aan die maatreëls.”
Kontak Helfrich by 081 562 7109.





