Joshlin Smith: Kinders maak alarm nadat mans “swaar swartsak” dra


Die plaaslike polisie is vroeër Maandagmiddag (18 Maart) na die Kuil in Louwville ontbied nadat kinders in die gemeenskap alarm by volwassenes gaan maak het oor twee mans wat saam aan ’n “swaar swartsak” dra.

Saam met die mans was glo ’n tradisionele geneesheer wat gesê het sy het kruie kom uithaal.

Die gemeenskap het intussen die polisie ontbied.

Daar is op ’n paar plekke gegrawe. ’n Klomp van die plekke waar gegrawe is het die mense wat gesien het waar die vermeende sangoma besig is, ook vir Weslander gesê dat daar op die verkeerde plekke gegrawe is. Of daar iets in die swartsak was is nog steeds nie duidelik nie, maar daar is teen die tyd van hierdie plasing nog op niks afgekom nie.

Die gemeenskap was baie ontsteld dat daar nie verder gesoek is nie en dat daar geen polisiehonde op die toneel was nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article