Inwoners mor oor die stank en vlieë wat hul huise oorneem.
Waar is die trots as inwoners van die Yskor-woonbuurt as jou strate so lyk – en dit by die ingang van die eens pragtige en netjiese woonbuurt?
Is dit regtig nodig om so aan te gaan, inwoners van Primrose-singel?
Elke keer word ’n skip aangevra, maar dan lyk dit so. Die raad (Saldanhabaai-munisipaliteit) gaan nie weer ’n stortbak daar kom neersit nie. Die bak is vir jou tuin-afval en nie vir jou huishoudelike afval nie. Daarvoor het julle die groen dromme.
Vat jou hark, graaf en kruiwa en maak skoon. Slaan jou hand aan eie boesem – julle weet wie julle is.
Dis ’n ongesonde situasie. Daar is ’n plek van aanbidding naby en dan mors mense so.
Dit kan nie langer geduld word nie. Kom bou eerder ’n mooi rotstuin daar eerder as om rommel te strooi. Ek is seker die raad sal die nodige materiaal verskaf as hy net mooi gevra word, want dan word dit deel van jou woonbuurt-verfraaiingsprojek.



