’n Leser, Albert van Rhyn, het hierdie abstrakte foto van die afgetakelde pier in Rooibaai, Laaiplek, geneem ter herinnering aan die talle vissermanne wat, soos die pier oor die jare, harde bene moes kou om sy voortbestaan te verseker. Hy skryf: “As die planke van Rooibaai se piere kon praat, sou hulle stories deel van moeë vissermanne wat songebrand en windverwaai is. Met seer hande wat hardernette getrek het om daagliks brood op die tafel te sit. Hulle sal stories vertel van slegte vangste en dae dat hulle gekreun het onder die gewig van die vol kratte vis wat hulle van die water na die land karwei het. Maar hier lê hulle doodstil geanker teen die rand van die Bergrivier, vol geheime van die see en sy vissermanne.” Lesers word genooi om hul mooi foto’s (minstens 1 MG groot), wat in die Weskus geneem is, na nuus@weslander.co.za te stuur. Foto: Albert van Rhyn


‘As die planke van Rooibaai se piere kon praat . . .’

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article