Help Anders, ’n organisasie sonder winsbejag in Vredenburg, het ’n groot hart vir die gemeenskap. Volgens Emile Lombard, ’n lid van die organisasie, het hulle besluit om Help Anders te stig omdat die gemeenskap hulp nodig het en hulle ’n groep mense is wat ’n liefde het om, waar moontlik, terug te ploeg in die gemeenskap. Die Help Anders-lede is Judith van Wyk, Melissa Andrews, Emile Lombard, Leander Milfordt en Haylee Wylbach. Help Anders het verskeie programme – van ’n sopkombuis tot programme vir bejaardes en kinders. Enige skenkings is welkom. Bel Emile Lombard by 063 065 3689 vir meer inligting en om ’n skenking te gee.


Ondersteun dié uitreik na die Vredenburg-gemeenskap

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article