Regter Nathan Erasmus het vandag (Donderdag 6 Maart) ‘n terplaatse-ondersoek deur
Middelpos by Saldanha gelas.
Die polisie het hulle hande vol gehad om die omstanders te beheer wat by Kelly Smith (34) wou weet waar Joshlin is.
Die groep regslui en die media het eerste die houthuisie besoek waar Kelly saam met haar drie kinders en Boeta Appolis gewoon het, tot Joshlin se verdwyning in Februarie 2024.
KYK: Sy is op 19 Februarie verlede jaar deur Kelly by die Saldanha-polisie as vermis aangegee. Ten spyte van ‘n grootskaalse soektog na haar is daar ‘n jaar later steeds geen teken van haar nie.
Kelly, Boeta en die derde beskuldigde, Steveno van Rhyn, was aan hul voete geboei. Ayanda se huis, en ander sleutelpunte in die area is te voet besoek. Die hofsitting is Donderdagmiddag weer in die Veeldoelige Sentrum in White City voortgesit.
Foto’s Alida Buckle:












































You must be logged in to post a comment.