Die Nuwe Demokratiese Party (NDP) in die Saldanhabaai-munisipaliteit het die name van nóg kandidate vir die komende munisipale verkiesing op 4 November vanjaar bekendgemaak.
Volgens ‘n mediaverklaring wat deur die party se voorsitter, Marius Liebenberg, uitgereik is, is die kandidate Nicolene Jehoma (wyk 2, Witteklip, Vredenburg), Leonie Vorster (wyk 5, Saldanha-dorp en Jacobsbaai), Dirk Gallowitz (wyk 10, Vredenburg-Suid en Louwville-Wes teen Saldanhaweg), Chiann Nienaber (wyk 11 in St Helenabaai) en Indiphile Hinawa (wyk 16, George Kerridge, Vredenburg).
Dennis Dietrich (wyk 13, Louwville, Vredenburg) is reeds vroeër as die party se burgemeesterskandidaat vir Saldanhabaai aangewys.
Die NDP beoog om binnekort nog kandidate vir die verkiesing in November vanjaar bekend te maak.




