Amira September, Mc Cyron Reardon, Weslander-joernalis Noluvu Ludidi, Mercia Pieters, Anthayo Scholtz en Quewon Paulse.

Loopbaanklub nou by Steenberg’s Cove Primêr

Amira September, Mc Cyron Reardon, Weslander-joernalis Noluvu Ludidi, Mercia Pieters, Anthayo Scholtz en Quewon Paulse.

Dit was ‘n groot geleentheid vir Steenberg’s Cove Primêr om hul Loopbaanklub bekend te stel op Vrydag 22 Mei.

Verskeie besighede, insluitend St Helenabaai, ABSA Vredenburg, JF Nails, Hyundai Vredenburg, Siyabonga, ‘n mondhigiënis, Spar Apteek Stompneusbaai, Seafood Cartel, Casvier Art Gallery and Theatre, die brandweer, wetstoepassing en Weslander, was by die dag betrokke.

Leerders vra Noluvu Ludidi meer uit oor haar beroep.
Leerders het die geleentheid gehad om joernalis Noluvu Ludidi meer uit te vra oor haar beroep.

Die graad 7-leerders van die skool het die geleentheid gehad om meer te leer oor die verskillende beroepe, wat hulle in die toekoms sal help wanneer dit kom by vakkeuses in hoërskool.

Die Loopbaanklubprogram, wat deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement se Lewensoriënteringspan van stapel gestuur is, is ‘n hoeksteen-inisiatief onder die Wes-Kaapse regering se groei vir werksgeleenthede-strategie.

Die missie is om leerders toe te rus met die vaardighede, selfvertroue en kennis wat nodig is om te floreer in ‘n ontwikkelende ekonomie.

Deur loopbaanvoorbereiding en werkgereedheid in skole te integreer, oorbrug Loopbaanklubs die gaping tussen klaskamerleer en werklike geleenthede.

St. Helenabaai polisie het meer gedeel oor hul werk in die gemeenskap.
St. Helenabaai polisie het meer gedeel oor hul werk in die gemeenskap. FOTO: Noluvu Ludidi

Tydens die gesprek met Weslander joernalis Noluvu Ludidi kon leerders meer oor joernalistiek leer. Vrae wat vir Ludidi interessant was, het gehandel oor hoe joernaliste daagliks stres hanteer, hoe besluit word wat nuuswaardig is en wat nie, wat die regte van joernaliste is, en hoe die skryfproses onder meer werk.

Karyke Smit, skoolhoof van Steenberg’s Cove Primêr, meen die dag was ‘n reuse sukses.

“Op hierdie manier kan ons ons leerders se horisonne verbreed en hulle blootstel aan soveel moontlik verskillende beroepe. Ons gaste het baie moeite gedoen en ons leerders het baie geleer.”

Vir Ludidi was dit sowaar ‘n riem onder die hart om die toekomstige leiers se belangstelling in dié beroep te ervaar.

Esther Kotzé, die mondhigiënis by Dr Boock het meer oor haar beroep gedeel.
Esther Kotzé, die mondhigiënis by Dr Boock het meer oor haar beroep gedeel. FOTO: Noluvu Ludidi

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 28 May 2026
    Weslander E-Edition – 28 May 2026

Gift this article