Lambertsbaai – Die polisie in Lambertsbaai het die hulp van die publiek nodig om Louis Agrela (63) wat in die foto uitgebeeld word, op te spoor.

Hy word gesoek vir bedrog wat tussen Oktober 2018 en Augustus 2023 gepleeg is. ‘n Lasbrief vir sy onmiddellike inhegtenisneming is deur die Clanwilliam-landdroshof uitgereik.

Die polisie in Lambertsbaai is opsoek na Louis Agrela (63).

Enigiemand met enige inligting of wat weet waar die gesoekte persoon is, word vriendelik versoek om die ondersoekbeampte, Adjudant-offisier Charlie Bonn, by 079 894 1680 of Crime Stop by 08600 10111 te kontak.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 14 May 2026
    Weslander E-Edition – 14 May 2026

Gift this article