Jong leiers van die Panorama Primêre Skool het van Vrydag tot Sondag, 17 tot 19 April, aan ‘n leierkapsontwikkelings- kamp deur Lethemba Care Projects by die Saldanha-vakansieoord deelgeneem.
Die driedaagse program het gefokus op die ontwikkeling van praktiese leierskapsvaardighede, spanwerk en selfvertroue onder leerders. Deur interaktiewe aktiwititeite, groepsuitdagings en begeleide besprekings het deelnemers geleer wat dit beteken om verantwoordelike en effektiewe leiers in hul skool en gemeenskap te wees.
Die kamp is moontlik gemaak deur die ondersteuning van sleutelrolspelers, insluitend die Saldanhabaai- munisipale jeugraadslede, die ArcelorMittal-wetenskapsentrum asook die Saldanha SAS Vloot se seekadette, wat se bydrae ‘n belangrike rol in die sukses van die inisiatief gespeel het.
Die organiseerders het die belang- rikheid van samewerkende vennootskappe in jeugontwikkeling beklemtoon.
“Ons doel is om leerders toe te rus met die selfvertroue en vaardighede om met doel en intergriteit te lei. Met die ondersteuning van ons vennote kan ons betekenisvolle geleenthede skep wat toekomstige leiers vorm,” het ‘n fasiliteerder gesê.
Leerders het die kamp as beide genotvol en transformerend beskryf.
“Ek het geleer hoe om beter met ander saam te werk en in myself as ‘n leier te glo,” het een van die leerders gesê.
“Die kamp het my gehelp om te ver- staan dat leierskap daaroor gaan om ander te help en ‘n goeie voorbeeld te stel,” het ‘n ander leerder bygevoeg.
Die kamp is afgesluit met ‘n sertifikaatseremonie, waar elke leerder se groei en deelname erken is. Die inisiatief weerspieël ‘n gemeenskapsverbintenis tot belegging in jongmense en die bou van ‘n meer helder toekoms vir Saldanhabaai.





