Die Diazville Primêre Skool wil graag sy opregte dank betuig aan Jean-Paul Martin, ‘n voormalige leerder van die skool, vir sy vrygewige skenking aan dié skool se Wes-Kaapse atleet, Elijah Adams (links). “Jou bereidwilligheid om na die skool uit te reik en in die potensiaal van ons leerders te belê, weerspieël die gees van teruggee. Dit is inspirerend om te sien hoe voormalige leerders die volgende generasie ondersteun en ophef. Jou bydrae word baie waardeer en sal beslis ‘n betekenisvolle verskil maak. Dankie dat jy in ons leerders en in die toekoms wat hulle verteenwoordig, glo,” sê die skool. Saam met Adams staan skoolhoof Lee-Ann Davids-Hartzenberg.

Oud-leerder help jong atleet

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article