Dale Goliath, ‘n 30-jarige man van Vanrhynsdorp, is met 5,80 kg dagga in hegtenis geneem nadat die polisie inligting ontvang het oor ‘n wit Isuzu-bakkie wat na bewering dagga vervoer het.

Volgens kapt. Tania Helfrich, distrikswoordvoerder van die Weskus-polisie, is inligting ontvang dat die voertuig onderweg was na Loeriesfontein. Die inligting is opgevolg en die polisie het die bakkie op 15 Januarie omstreeks 01:00 in Matzikamastraat, Vanrhynsdorp, voorgekeer.

Die voertuig is deursoek en die dagga is gevind, waarna beslag daarop gelê is. Goliath is op die toneel in hegtenis geneem.

Hy het later dieselfde dag in die Vanrhynsdorp-landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article