Van sosiale media na jou oë: hier is die beste, snaaksste en mees treffende leserskommentaar van die week.
Onbekende help vrou:
• Nogmaals baie dankie aan my weldoener in Waltons op Woensdag 7 Januarie vanjaar. Die Here seën en bewaar u. Net goedheid en guns sal u volg. Psalm 23:6. – Tiny
Jongman van Vedenburg vermoor:
• Dis so hartseer. Nog ‘n jong man, ‘n mens en iemand se seun en broer. Wanneer gaan iets aan hierdie roekelose moorde gedoen word? Mense word links en regs vir geen rede vermoor en niks word daaraan gedoen nie. – Ethel Rabe
• My condolences to the family and friends; may the Lord give them strength and comfort them. So sad; may he rest in peace. – Anna Maasdorp
• Dis ongelooflik hartseer om te lees van die koelbloedige moord op ‘n jong man in ons dorp. Al het ek hom nie persoonlik geken nie, raak so ‘n sinnelose verlies ‘n mens diep. My hart gaan uit na sy familie, vriende en almal wat deur hierdie tragedie geraak word. – Anneke Smit
• May God wrap His loving arms around his family and friends, comfort their broken hearts, and give them strength to endure this painful loss. Rest in peace. – Afton Constable
Nuwe multimiljoenrand-aanleg vir visfabriek:
• Nou moet die bote net toegelaat word om uit te gaan. Nou te lank teen die kant gelê. Vissermanne is moedeloos gesukkel om kos op die tafel te sit; om vir hulle gesinne te sorg is nie maklik nie. – Gideon van der Vyver
• Nee man, die geld is mos vir ‘n nuwe projek bedoel en kan nie sommer bestee word voordat die projek nog begin het nie. Dit is nie bedoel vir verhogings en bonusse nie. Hoekom nou eers? – Naomi Oberholzer
• Wel gedaan, maar dit pak nie die hoë werkloosheidsyfer in die gebied aan nie. Dit is net die aandeelhouers wat voordeel hieruit trek. – Noel Watson
• Hoop vir broodnodige werksgeleenthede vir die plaaslike gemeenskap. – Dennis Lewis
• Where is the fish going to come from? We can’t even find sardines to catch fish with . Where is he going to find 1 000 tons of fish to feed that factory? – André Ochse




