Rosco se ma, Abigail Erasmus. Foto’s: Noluvu Ludidi

Dit was ‘n emosionele dag vir die familie van Rosco Erasmus, die 13- jarige seun wat op Vrydag 26 September by die Rooibaai-houtkaai verdrink het.

Familielede het die afgelope Saterdag (22 November) by die kaai bymekaar gekom ter viering van sy 14de verjaarsdag, wat op Woensdag 19 November sou wees – met wit ballonne en ‘n blommekrans.
Dit was hoe sy haar seun wou eer het sy ma, Abigail Erasmus, gesê.

Volgens Abigail was daar al lank planne om sy groot verjaarsdag te vier voordat die tragedie plaasgevind het. Dit het haar egter nie gekeer om steeds iets spesiaal vir hom te doen nie.

Die verrigtinge is met ‘n gebed geopen en die blommekrans is by die kaai waar hy verdrink het, geplaas.
Dit was iets om te aanskou toe die wit ballonne in die lug vrygelaat is met woorde van liefde daarop geskryf.

Abigail sê die seer is steeds daar en om Rosco op so ‘n manier saam te vier, het baie vir haar beteken.

Die blou-en-wit blommekrans ter nagedagtenis aan Rosco Erasmus.
Wit ballonne is deur die familie vrygelaat.
Die familie van Rosco Erasmus.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article