Die St. Helenabaai-polisie ondersoek ‘n saak van roekelose en nalatige bestuur nadat ‘n polisievoer- tuig verlede Saterdag (2 Augustus) op sy dak langs St. Helenabaai se Hoofstraat beland het. Die ongeluk het omstreeks 13:10 plaasgevind. Die bestuurder van die polisievoertuig sê hy het beheer oor die voertuig verloor en teen ‘n ander voertuig gebots voordat die polisievoertuig gerol het. Volgens kapt. Tania Helfrich, distrikswoordvoerder vir die Weskus-polisie, is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die saak word nog ondersoek.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article