‘n Ongeluk op die Saldanha-Vredenburg-pad het die lewe van die 55 jarige Matome Daniel geëis.
Volgens kapt. Tania Helfrich, ‘n woord- voerder vir die Weskus-polisiedistrik, het Daniel, van Saldanha, Maandagaand omstreeks 19:15 op die toneel gesterf nadat die voertuig waarin hy gery het, van die pad af gery en hy uit die voertuig geslinger is. “Die passasier wat saam met Daniel in die voertuig was, het mediese behandeling ontvang.”
Volgens ‘n plasing op West Coast Medical Rescue se Facebookblad het paramedici met hul aankoms op die toneel ‘n man ondersoek wat uit die voertuig geslinger is en langs die motor gelê het. “As gevolg van die ernstige beserings wat opgedoen is, het die man geen teken van lewe getoon nie en hy is op die toneel dood verklaar. ‘n Ander insittende is vir geringe beserings behandel.”
‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.





