Twee Hermeslaan-spelers probeer ‘n Saxonsea-speler stuit voordat hy die doellyn oorsteek, maar is te laat. Foto: David Rossouw.

Saxonsea wen derby teen Hermeslaan die derde keer

Twee Hermeslaan-spelers probeer ‘n Saxonsea-speler stuit voordat hy die doellyn oorsteek, maar is te laat. Foto: David Rossouw.

Die Saxonsea- en Hermeslaan- primêre skolederby is drie jaar gelede deur Gary Markus, die skoolhoof van Saxonsea, en Kurt Julius, die sportkoördineerder by Hermeslaan, ingestel.

Die 2026-byeenkoms, wat deur Saxonsea aangebied is, het op Dinsdag 26 Augustus begin met die WOW-telfees in die Saxonsea-skoolsaal. Hermeslaan het die eerste plekke in grade 4, 5 en 7 behaal, terwyl Saxonsea graad 6 gewen het. In sokker het Saxonsea twee afdelings gewen en een gelykop gespeel. In ringbal het die skole elk een wedstryd gewen. Die skaakwedstryd het met 4-4 geëindig. In die netbalwedstryd tussen die opvoeders het Saxonsea met 4-1 gewen, terwyl Hermeslaan die vlugbalwedstryd met 2-0 gewen het.

Saterdag het die ­leer­ders, opvoeders en ouers by die Saxonsea-sportterrein vir die netbal- en rugbywedstryde byeengekom. Hermeslaan het vier van die ses netbalafdelings gewen, teenoor Saxonsea se twee. In rugby het Hermeslaan die o.7- en o.9-afdelings gewen, terwyl die o.8-wedstryd gelykop geëindig het. Saxonsea het die o.11- en o.14-afdelings in die 7’s gewen.

Die hoofwedstryd tussen die o.13-rugby­spanne het met ‘n drie deur Saxonsea begin. Die doelskop was mis. Hermeslaan het kort voor rustyd gelyk gemaak (telling 5-5).

Saxonsea het in die tweede helfte verde­digend sterk gestaan, terwyl Hermeslaan verskeie aanvalle afgestuur het.

Geen span kon in die res van die tweede helfte weer punte aanteken nie en die wedstryd het 5-5 geëindig. Die wedstryd is die eerste keer in die driejarige geskiedenis van die derby in ekstra tyd beslis. Saxonsea het in die laaste minute ‘n drie gedruk om die wedstryd te wen en sy derde derbytitel te verseker.

Uitslae: WOW-telfees: Hermeslaan 3-1 op grond van eerste plekke in gr. 4-7.

Sokker: o.10: Gelykop 1-1; o.12: Saxonsea 7-0; o.14: Saxonsea 2-1.

Ringbal: Meisies: Hermeslaan 8-2; seuns: Saxonsea 8-4.

Vlugbal; onderwysers: Hermeslaan 2-0.

Skaak: Gelykop 4-4.

Netbal: o.8: Hermeslaan 4-1; o.9: Hermeslaan 2-3; o.10: Saxonsea 17-3. o.11: Saxonsea 9-0; o.12: Hermeslaan 10-14; o.13: Hermeslaan 24-3.

Rugby: o.7: Hermeslaan 25-10; o.8: gelykop (15 elk); o.9: Hermeslaan 15-10; o.11: Saxonsea 17-7; o.14 (7’s): Saxonsea 26-24; o.13: Saxonsea 10-5.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 15 September 2026
    Explore the latest updates in WeskusNuus E-Edition – 15 September 2026 and stay informed about local news.

Gift this article