Die gemeenskap het saamgestaan om te keer dat die Thusong-sentrum verkoop word.
Die gemeenskap het saamgestaan om te keer dat die Thusong-sentrum verkoop word. Foto: Murphy Roberts

Atlantis se Thusong-sentrum se toekoms lyk nou beter

Die gemeenskap het saamgestaan om te keer dat die Thusong-sentrum verkoop word.
Die gemeenskap het saamgestaan om te keer dat die Thusong-sentrum verkoop word. Foto: Murphy Roberts

Die Atlantis-Thusong-sentrum se toekoms as ‘n belangrike dienslewerings­punt is ‘n stap nader aan sekerheid nadat die Stad Kaapstad die skenking van die eiendom aan die Wes-Kaapse regering goedgekeur het.

Die transaksie sal die provinsiale regering in staat stel om eienaarskap, bestuur en bedryf van die sentrum oor te neem, terwyl noodsaaklike openbare en maatskaplike dienste daar voortgaan.

Die Wes-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling beplan om die sentrum as ‘n diensleweringspunt vir Atlantis te gebruik, met kantore en ruimtes waar inwoners vir verskeie dienste om hulp en raad kan aanklop.

Sassa sal ook op die perseel bly, wat beteken inwoners sal steeds tot belang­rike maatskaplike ondersteuning en toelaedienste toegang hê.

Die raadsheer James Vos, die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei, sê die doel is om seker te maak openbare eiendom bied die grootste moontlike voordeel vir die gemeenskap.

Die Thusong-sentrum in Atlantis.
Die Thusong-sentrum in Atlantis.

“Hierdie skenking is ‘n belangrike stap om die voortgesette gebruik van die perseel vir noodsaaklike maatskaplike en openbare dienste te verseker,” het Vos gesê.

Tertuis Simmers, die Wes-Kaapse minister van infrastruktuur, het die ooreenkoms as ‘n voorbeeld van samewerking tussen regeringsvlakke beskryf. Volgens hom sal dit belangrike fasiliteite beskerm en Sassa se teenwoordigheid op die perseel verseker.

LEES OOK: https://novanews.co.za/weskusnuus/thusong-sentrum-nie-meer-verkoop/

Wendy Kaizer-Philander, die minister van maatskaplike ontwikkeling, het gesê die ooreenkoms bied inwoners sekerheid dat noodsaaklike dienste sal voortgaan en verder uitgebou kan word.

Hoewel openbare deelname nie wetlik vereis word vir ‘n eiendomsoordrag tussen staatsorgane nie, sê die Stad en provinsiale regering hulle erken die gemeenskap se belang by die proses en sal deursigtig daaroor kommunikeer.

Oordrag volgende

Die volgende stap is die finalisering en ondertekening van die skenkings­ooreenkoms tussen die Stad en die ­Wes-Kaapse regering. Die provinsiale regering moet eers sy interne goedkeuringsproses voltooi. Daarna sal transportprokureurs aange­stel word om die oordrag te hanteer. Die proses sal afgehandel word wanneer die eiendom by die aktekantoor geregistreer is.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition -29 September 2026
    WeskusNuus E-Edition -29 September 2026

Gift this article