Martin de Villiers wen die Goue Spele se 100-m-wedloop.
Martin de Villiers wen die Goue Spele se 100-m-wedloop. Foto: David Rossouw

Atlantis se goue oues presteer in Bluedowns


Die Goue Spele vir senior burgers is onlangs by die Bluedowns Sport-stadion gehou waar meer as 150 atlete van die verskillende klubs vir bejaardes tussen die ouderdomme 60 en 90 vir ‘n plek in die Provinsiale span meegeding het.

Die span sal later vanjaar aan die nasionale byeenkoms in Bloemfontein deelneem.

‘n Paar Atlantis-atlete het ook aan die byeenkoms deelgeneem en goed gevaar toe hulle vir by die nasionale byeenkoms gekwalifiseer het.

Martin De Villiers (Oom Diffie) het weer eens gewys dat hy steeds die 100-meter-naelloop-kampioen is toe hy dit in 14 sekondes afgeblits en sy naaste teenstander met 15m geklop het.

Weskus Nuus het ná die byeenkoms met Oom Diffie gesels om te hoor wat sy geheim is en wat hom en die ander goue oues fiks hou. “Ons kuier gereeld op Donderdae by die Blouhuis in Sherwoodpark, waar ons inligting ontvang en gesond eet,” onthul Oom Diffie.

“Elke lid word ook medies ondersoek deur die verskillende afgevaardigde personeellede van NGO’s, wat gratis dienste aan ons verskaf. Met hierdie ondersteuning presteer ons nie net op die atletiekbaan nie, maar word ook goed na ons as bejaardes omgesien.

“Ek is bly vir die geleenthede wat die departement van welsyn, sport en kultuur ons bied om deur middel van sport met ander klubs se bejaardes mee te ding,” het Oom Diffie gesê.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 13 October 2026
    WeskusNuus E-Edition – 13 October 2026

Gift this article