WeskusNuus, wat die plaaslike gemeenskap al sedert 1984 dien, vier vanjaar sy 40ste bestaansjaar met trots.
Die koerant het oor die jare sy naam gestand gedoen as die spreekbuis van die gemeenskap en is die enigste koerant in die verspreidingsgebied wat alle aspekte inhoudsgewys dek en ook die uitdagings en glorie van die gemeenskap blootlê.
Sedert die koerant se ontstaan het verskeie ander publikasies gekom en gegaan.
WeskusNuus het egter verwante plaaslike beriggewing verskaf en uiteindelik die keuse van die gemeenskap geword.
Om dié groot mylpaal te vier, beplan WeskusNuus ’n spesiale verjaarsdaguitgawe op Dinsdag 26 November.
Lesers word genooi om hul gunstelingstories of oud-koerantuitknipsels van noemenswaardige gebeurtenisse wat oor die afgelope 40 jaar in die gemeenskapskoerant verskyn het, aan maryke.swart@media24.com of per WhatsApp na 067 091 0618 te stuur.
Kliënte wat graag in die verjaarsdaguitgawe wil adverteer of self hul 40ste bestaansjaar vier, kan ’n e-pos-boodskap met hul detail aan Madelie.vanTonder@ weskusmedia.com vir ons spesiale verjaarsdagtariewe stuur.
Die spertyd vir besprekings is Vrydag 15 November voor 16:00.



