Ses persone – waarvan vyf van een familie – is in ‘n botsing tussen twee voertuie op die R27 tussen Calvinia en Brandvlei in die Noord-Kaap oorlede.
Die botsing reg van voor, tussen ‘n Volkswagen Polo en ‘n Ford-bakkie, het Donderdag 30 Julie omstreeks 18:45 sowat 56 kilometer vanaf Calvinia op die Brandvlei-pad plaasgevind.
Die enigste insittende van die Ford-bakkie, die 27-jarige Beauron Tieties van Carnarvon, is noodlottig beseer en is op die toneel dood verklaar.
Ook al vyf insittendes van die Volkswagen Polo is in die botsing oorlede, sรช kaptein Ivan Magerman, polisiewoordvoerder. Hulle was Chris, Regina, Rochelle en Ethlin Matthys van Keimoes, asook Rochelle se lewensmaat Ettienne Cloete. Ethlin was โn graad 3-leerder aan Keimoes Akademie.
In ‘n huldeblyk aan Ethlin skryf die skool: “Ons innige meegevoel gaan uit na haar familie nรก die tragiese motorongeluk waarin sy, haar mamma, pappa, ouma en oupa oorlede is.”
In ‘n huldeblyk aan die Matthys-egpaar skryf ‘n familielid: “Julle was ma en pa vir meer as julle eie bloed. ‘n Toevlugsoord vir almal. Altyd daar, altyd gereed om te help en te gee.”

Na bewering was Tieties nรก vyf weke waarin hy weg van die huis gewerk het, op pad terug na sy vrou, Marieta, en hul drie jong kinders. Volgens Marieta het hy haar om 17:40 met ‘n video-oproep gekontak om te sรช dat hy pas deur Brandvlei is en dat hy net voor 20:00 by die huis behoort te wees.
“My hart het geweet iets is fout toe ek oor 8 nog niks van hom gehoor het nie,” skryf sy op ‘n Facebook-plasing.
Die troosdiens vir die Matthys-familielede het Saterdag 2 Augustus plaasgevind en die gedenkdiens vind Donderdag 6 Augustus om 18:00 in die Alexander Steward Congregational-kerk in Keimoes plaas, terwyl die begrafnis Saterdag 8 Augustus plaasvind.
Die polisie-ondersoek oor die oorsaak van die botsing duur voort.
LEES OOK: Death toll rises to 11 in bus crash involving Zimbabwean nationals





You must be logged in to post a comment.