Die eerste meisieskrieketspan van die Hoërskool Witteberg in Bethlehem.
Die Hoërskool Witteberg in Bethlehem se eerste meisieskrieketspan is die 12de jaar agtereenvolgens as die Oos-Vrystaatse kampioen gekroon. FOTO: Verskaf

Die eerste meisieskrieketspan van die Hoërskool Witteberg in Bethlehem bly onoorwonne en is die 12de jaar agtereenvolgens as die Oos-Vrystaatse kampioen gekroon. 

Sy wedstryd teen die Hoërskool Voortrekker van Bethlehem verlede week het Witteberg oortuigend gewen.

Voortrekker het die loot gewen en het eerste gekolf, maar Witteberg se boulers het behoorlik die teenstanders laat sweet. Deur uitstekende spanwerk en presiese lyn en lengte is Voortrekker tot slegs 75/9 in 20 beurte beperk. Boulers wat hul goed van hul taak gekwyt het was Mia Daacke met 3/10 in 4 beurte, Dimpho Ramatlakane met 3/13 in 4 beurte  en Lize van der Bergh met 1/5 in 4 beurte.

Witteberg se kolf-aanvangspaar het sonder vrees opgetree en die wenlopies in net 6.4 beurte aangeteken, sonder om ‘n enkele paaltjie te verloor. Topklowers vir die dag was Mia Daacke (32 van 17 balle) en Zané Wessels (27 van 25 balle).

Witteberg het oortuigend met 10 paaltjies gewen en vir die Vrystaatbeker-toernooi in Bloemfontein gekwalifiseer.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article