Golden Gateway Hospice in Bethlehem sien al dekades lank om na pasiënte met ongeneeslike siektes, wat tuis besoek en deur kundiges versorg word.

Mediese hulptoestelle soos rolstoele en looprame word verhuur, en deur middel van ’n kliniek word basiese mediese sorg beskikbaar gestel.

Dié niewinsgewende organisasie is van skenkings afhanklik om lopende uitgawes te dek. Inwoners van Bethlehem en omgewing word daarom genooi om Golden Gateway Hospice se liefdadigheidswinkel in Lindleystraat en sy boekwinkel by Uniestraat 13, Die weduwee se kruik, te ondersteun.

Die weduwee se kruik verkoop tweedehandse boeke, en skenkings hiervan kan ter ondersteuning van die winkel gedoen word. Ou tydskrifte word teen R1 verkoop.

“Die tydskrifte kom handig te pas vir skooltake en ander kreatiewe projekte. Alle geld word ten bate van die organisasie aangewend,” sê Karin Jordaan van Golden Gateway Hospice.

Besoek die winkels weeksdae tussen 08:00 tot 16:00 vir winskopies.

Skakel 079-507-3296 vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article